Waratahs blaas in voorstes se nek
2010-04-26 09:10
In-diepte Verslae
Die Western Force was te sterk teen die Lions tydens hul Vodacom Super-rugbywedstryd by die NIB-stadion in Perth.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Sydney – Die Waratahs is steeds in die wedloop om in die halfeindronde van die Super14-rugbyreeks te speel nadat die Wallaby-vleuel Lachan Turner die enigste drie teen die Brumbies gedruk het.
Dié drie het aan die Waratahs ’n oorwinning van 19-12 oor die Brumbies besorg.
Turner het in die tweede helfte ’n dwarsskop van die senter Berrick Barnes uit die lug gepluk en gaan druk sonder dat iemand ’n hand op hom kon lê.
Met dié oorwinning is die Waratahs nou vyfde op die puntelys en binne trefafstand van die voorlopers.
Die Brumbies het ’n bonuspunt verower, maar hul kanse om die uitklopfase te haal, begin al hoe skraler lyk.
Die Waratahs het in die 47ste minuut die voortou geneem danksy ’n strafdoel deur hul losskakel, Daniel Halangahu, voordat Turner sy vyfde drie van die seisoen gedruk het.
Halangahu het die drie verdoel om die telling tot 19-9 te laat aanskuif.
Sy regstreekse teenstander, Matt Giteau, het sy span se enigste punte – vier strafdoele – aangeteken.
Puntemakers:
Waratahs 19 (9): Drie: Lachan Turner. Doelskop: Daniel Halangahu. Strafdoele: Halangahu (4).
Brumbies 12 (9): Strafdoele: Matt Giteau (4).
Die Hurricanes het in Dunedin die volpunt-vertoning wat hulle nodig gehad het, opgedis toe hulle die Highlanders met 33-31 geklop het.
Die span van Wellington het nog ’n skraal kans om tot die uitklopfase deur te dring.
Die Highlanders, wie se enigste taak nou is om die houtlepel te probeer vermy, het twee bonuspunte verdien om hulle tot die 12de plek te laat opskuif.
Albei spanne het vyf drieë gedruk, maar Aaron Cruden se vermoë as skopper het uiteindelik die verskil gemaak.
Cruden het een doelskop meer as die Highlanders se Israel Dagg behaal.
Die Hurricanes het reeds teen rustyd hul bonuspunt vir vier drieë gehad, met die Highlanders wat ook teen omdraaityd vier keer agter die besoekers se doellyn gaan kuier het.
Dit het die rustydtelling op 26-24 vir die Hurricanes te staan gebring.
Alando Soakai, Jimmy Cowan, Ben Smith en Jason Rutledge het vir die tuisspan gaan druk, terwyl Karl Lowe, Michael Patterson, Tyson Keats en Cruden die Hurricanes se puntemakers in die eerste helfte was.
Puntemakers:
Hurricanes 33 (26): Drieë: Tyson Keats, Aaron Cruden, Keith Lowe, Michael Paterson, Ma’a Nonu. Doelskoppe: Cruden (3), Piri Weepu.
Highlanders 31 (24): Drieë: Jimmy Cowan, Ben Smith, Jason Rutledge, Alando Soakai, Bronson Murray. Doelskoppe: Israel Dagg (3).
- Sapa-AP