Walsh blaas in Super-stryd op Twickenham
2011-03-23 09:53
In-diepte Verslae
Die Western Force was te sterk teen die Lions tydens hul Vodacom Super-rugbywedstryd by die NIB-stadion in Perth.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Johannesburg - Die Australiese skeidsregter Steve Walsh, wat in Nieu-Seeland gebore is, is gekies om te blaas in Sondag se Super Rugby-kragmeting tussen die Crusaders en Sharks op Twickenham in Londen.
"Met Steve wat reeds in Europa is omdat hy laas naweek se Sesnasies-wedstryd tussen Skotland en Italië geblaas het, het dit sin gemaak om die oorspronklike skeidsregter, Garratt Williamson, te vervang," het Sanzar se wedstrydbestuurder, Lyndon Bray, Woensdag verduidelik.
Bray het het bygevoeg dat Sanzar die Engelse rugbyunie (RFU) gevra het om te help met die aanstelling van die res van die wedstrydbeamptes.
Daarom is Wayne Barnes en Stuart Terheege as assistent-skeidsregters aangewys terwyl Dave Pearson die televisie-skeidsregter sal wees.
Afskoptyd Sondag is 17:00.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- Sport24