Super Rugby

‘Waar is die spelers?’

2011-04-25 08:15
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Force wen Lions in Perth
Force wen Lions in Perth

Die Western Force was te sterk teen die Lions tydens hul Vodacom Super-rugbywedstryd by die NIB-stadion in Perth.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Johannesburg – Die tyd vir groot praatjies oor noemenswaardige speleraanwinste is verby. Waar is die spelers?

Dít was Saterdagaand die ­Lions-afrigter, John Mitchell, se uitdaging aan die skatryk vennote van die Goue Leeus Rugbyunie (GLRU) nadat die Lions hul negende wedstryd in vanjaar se Super Rugby-reeks verloor het.

“Daar is ’n kultuurprobleem wat al lank hier is. Dit is duidelik dat ons moet belê vir die toekoms.

“Die beleggers sal ongetwyfeld hul geld moet laat praat,” het Mitchell ná die nederlaag van 30-34 teen die Chiefs gesê – ’n nederlaag wat die Lions onderaan die reeks se puntelys laat.

Mitchell, ’n afrigter wat selde doekies omdraai as hy sy mening lug, se bouproses is niks nuuts in Leeu-kontrei nie en vorige “bouprosesse” onder afrigters soos Loffie Eloff en veral Dick Muir het dadels opgelewer.

Ofskoon Mitchell uiters beïndruk is met die talent wat die unie tot sy beskikking het, het hy al by verskeie geleenthede gesê sy span het ’n paar spelers van wêreldgehalte in sleutelposisies nodig voordat die unie daarvan kan droom om ’n pasaangeër op die hoogste vlak te wees.

“Ons het ’n baie goeie grondslag van spelers hier – uiters goeie rugbyspelers.

“Ongelukkig het die meeste van hulle nou maar hul 10de of 11de Superrugby-wedstryd gespeel en moet hulle op die harde manier leer,” het Mitchell gesê.

Sedert Robert Gumede en Ivor Ichikowitz einde verlede jaar 49% van die aandele in die GLRU verkry het, het hulle ondersteuners laat regop sit deur te sê hulle wil van die GLRU die “Real Madrid van rugby” maak.

Ofskoon die werwing van spelers soos Rory Kockott, Lionel Mapoe en Bandise Maku die span versterk het, is hy nog nie naastenby met supersterre gelaai nie.

Daarenteen was die mees onlangse verliese van Willem Alberts, Jaque Fourie, Heinke van der Merwe en Louis Ludik ’n gevoelige slag.

Dit lyk in dié stadium of geen Lions-speler Suid-Afrika se Wêreldbeker-groep gaan haal nie.

Butch James sluit hom aanstaande maand by die Lions aan, maar staan in die skemer van sy loopbaan.

Die moontlike koms van Frans Steyn klink meer soos ’n Real Madrid-transaksie, maar leemtes tussen veral die vaste vyf gee die Lions ’n agterstand op topvlak.

Daar was wel pogings om spelers soos Tendai Mtawarira, John Smit en Andries Bekker te lok, maar dit het gefaal en gevolglik sukkel die span steeds om aan die eise van Super Rugby te voldoen.

Sport24

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lees meer oor: super rugby  |  lions  |  rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

Bloubul1945 sê... Johan, hoekom sou jy wou weet? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FIAT

Multipla 1.9 JTD MPV Dsl
2005
R 119,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 2.0 Highline
2006
R 129,990.00

VOLKSWAGEN

Caravelle T4 TDi Highline MPV Dsl
2003
R 189,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.