Super Rugby

‘Vuvuzelas kan nie seermaak’

2010-05-25 10:15
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Force wen Lions in Perth
Force wen Lions in Perth

Die Western Force was te sterk teen die Lions tydens hul Vodacom Super-rugbywedstryd by die NIB-stadion in Perth.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Kaapstad  - Vuvuzelas word nie op Nuweland toegelaat wanneer die Stormers speel nie, maar die Bulls en hul ondersteuners sal ’n fout begaan om te dink dat hul nuwe “Speler 23” die Stormers-rugbyspan van stryk gaan bring.

“Dis ’n Super14-eindstryd tussen Suid-Afrikaanse spanne en wat ook al daarmee saam kom – die vuvuzelas en al die opgewondenheid – moet ons omhels,” sê die Stormers se afrigter, Allister Coetzee.

“Ons het ’n gesegde in die span en dis om die eksterne faktore uit te blok.”

Die Stormers se losskakel en stelskopper, Peter Grant, sal die druk die ergste voel.

Hy is naas Matt Giteau die akkuraatste stelskopper in vanjaar se Super14-reeks, maar kan waarskynlik ’n oorverdowende vuvuzela-lawaai verwag wanneer hy Saterdag pale toe korrel.

“Die stelskoppers is vertroud met die druk wat met die taak gepaard gaan en moet regtig net fokus op wat gedoen moet word – om die bal deur die pale te skop,” sê Coetzee.

“Die vuvuzelas kan jou nie seermaak nie. Dit kan baie lawaai maak, maar kan jou nie duik nie. Peter het al gewys dat hy die druk kan hanteer.”

Grant het inderdaad nie veel probleme met Hamilton se kettingsae en koeiklokke ervaar toe die Stormers die vloer met die Chiefs gevee het nie, so waarom dan skrik vir vuvuzelas?

Om koelkop te bly, is inderdaad een van die Stormers se grootste uitdagings. Die Crusa­ders kon dit nie Saterdag in Soweto teen die Bulls doen nie en het met 24-39 verloor.

“Hierdie is ’n baie goeie Bulls-span en jy moet net nie toelaat dat hulle jou van stryk bring nie,” sê Coetzee. “Dis wat met die Crusaders gebeur het. Ons het gesien hoe goeie spelers soos Colin Slade, Sean Maitland en Dan Carter die bal aanslaan. Hulle het foute begaan vanweë die druk.”

As die Stormers dit gaan doen, sal hulle veral die Bulls se skoptaktiek die hoof moet bied.

“Hulle het baie goeie skoppers in Fourie du Preez, Morné Steyn en Zane Kirchner. Hulle maak gebruik van hangskoppe en jaag dit baie goed,” sê Coetzee.

“Die meeste ander spanne in die Super14-reeks kon dit nie hanteer nie. Die All Blacks kon dit nie eers verlede jaar hanteer toe hulle teen Fourie en Morné gespeel het nie, maar ons sal móét. Ons ken die plan en die ingesteldheid en hopelik gee dit ons ’n beter kans om mede­dingend teen hulle te wees.”

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Lees meer oor: soweto  |  super14  |  bulls  |  stormers  |  rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

Bloubul1945 sê... Johan, hoekom sou jy wou weet? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FIAT

Multipla 1.9 JTD MPV Dsl
2005
R 119,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 2.0 Highline
2006
R 129,990.00

VOLKSWAGEN

Caravelle T4 TDi Highline MPV Dsl
2003
R 189,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.