Super Rugby

Vuurwarm-stryd tussen lostrio’s

2011-03-31 09:32
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Force wen Lions in Perth
Force wen Lions in Perth

Die Western Force was te sterk teen die Lions tydens hul Vodacom Super-rugbywedstryd by die NIB-stadion in Perth.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Kaapstad - Op Schalk Burger se laaste besoek aan die Haaitenk, is sy ribbes só sleg deur Willem Alberts beseer dat hy die Springbok-rugbytoer na Brittanje en Ierland moes misloop.

Sulke dinge gebeur natuurlik op ’n rugbyveld en die Stormers se kaptein sal nie kwade gevoelens hê wanneer hy Saterdag in die Super Rugby-wedstryd teen die Sharks opdraf nie.

Wat Burger en die res van die Stormers egter nou al uit ervaring weet, is dat ’n wedstryd teen die Sharks groot fisieke, taktiese én tegniese eise stel.

En dis eise wat die Westelike Provinsie en die Stormers in hul kragmetings verlede jaar in Durban bloot nie aan kon voldoen nie.

Die Sharks het die Stormers verlede jaar daar met 20-14 geklop en die Haaie het die WP met 30-10 in die Curriebeker-eindstryd verslaan.

“Verlede jaar is nog vars in die geheue,” het die Stormers se terugkerende kaptein gister gesê.

“Ons is in albei wedstryde daar uitoorlê en fisiek oorheers. Dis seker maar ’n soortgelyke sielkundige hekkie as wat ons teen die Bulls gehad het.

“Jy moet mededingend in die vaste fasette wees en goed begin. Dis natuurlik baie makliker gesê as gedaan. Die Sharks is ’n puik span en besonder moeilik om op hul tuisveld te klop.”

Die Stormers se span wat na Durban opruk, toon egter ’n paar belangrike veranderinge van die een van die WP wat in Oktober daar verneder is.

Peter Grant is byvoorbeeld op losskakel, Andries Bekker op slot en Jaque Fourie op buitesenter. Al drie was ysters in verlede week se sege van 51-16 oor die Western Force.

Met die Sharks wat moontlik ’n lostrio van Alberts, Keegan Daniel en Ryan Kankowski sal kies, kan die stryd teen Burger, Francois Louw en Duane Vermeulen vuurwarm raak.

Alberts was een van die sterre op die Springbok-toer na Brittanje en Ierland verlede jaar en het daardie spelpeil na vanjaar se Super Rugby-reeks oorgedra.

Ofskoon Alberts ’n klipharde verdediger is – soos Burger al eerstehands gevoel het – is hy veral moeilik om te stuit wanneer die bal onder sy arm is en hy ’n bietjie spoed optel.

“Hulle het seker een van die beste lostrio’s in die kompetisie. Die Sharks het in die geheel ’n uitstekende pak voorspelers,” het Burger gesê.

“As jou pak goeie werk verrig, gee dit die losvoorspelers soveel meer van ’n kans om ’n goeie wedstryd te hê.”

Die Stormers sal natuurlik ook baie inspirasie put uit Burger se terugkeer. Hy is ’n ikoon van Suid-Afrikaanse rugby en dwing die wêreld oor gesag af met sy onverskrokke benadering tot die spel.

Hy het van ’n kniebesering herstel en vervang die beseerde Pieter Louw in die beginspan, met Nick Koster op die plaasvervangersbank.

Die slot Rynhardt Elstadt is ook weer fiks en in die beginspan ná hy die wedstryd teen die Force met ’n enkelbesering misgeloop het. De Kock Steenkamp skuif dus af na die plaasvervangersbank.

Elstadt is self ’n fisieke kalant, wat van groot waarde teen ’n span soos die Sharks kan wees.

Die Stormers-span is:

Gio Aplon, Danie Poolman, Jaque Fourie, Jean de Villiers, Bryan Habana, Peter Grant, Dewaldt Duvenage, Duane Vermeulen, Francois Louw, Schalk Burger (k), Andries Bekker, Rynhardt Elstadt, Brok Harris, Deon Fourie, Wicus Blaauw.

PLAASVERVANGERS: Ethienne Reynecke, CJ van der Linde, De Kock Steenkamp, Nick Koster, Ricky Januarie, Gary van Aswegen, Juan de Jongh.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24

Lees meer oor: super rugby  |  sharks  |  stormers

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

Bloubul1945 sê... Johan, hoekom sou jy wou weet? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FIAT

Multipla 1.9 JTD MPV Dsl
2005
R 119,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 2.0 Highline
2006
R 129,990.00

VOLKSWAGEN

Caravelle T4 TDi Highline MPV Dsl
2003
R 189,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.