Vier veranderinge vir Lions
2011-04-21 22:00
In-diepte Verslae
Die Western Force was te sterk teen die Lions tydens hul Vodacom Super-rugbywedstryd by die NIB-stadion in Perth.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Johannesburg - Die Lions het vier veranderinge aan hul span gemaak vir die Super 15-kragmeting teen die Chiefs Saterdag in Johannesburg.
Lionel Mapoe is weer op vleuel ingesluit nadat hy van ‘n besering herstel het. Dit beteken Michael Killian sal van vleuel na heelagter skuif, terwyl Jaco Taute na die plaasvervangerbank skuif.
Ná ‘n verbeterde vertoning in die lynstane verlede naweek, keer Franco van der Merwe terug op slot, waar hy saam met Wikus van Heerden sal sak.
Martin Bezuidenhout kry sy eerste kans op haker nadat Bandise Maku ‘n enkelbesering opgedoen het en nie ingesluit kon word nie.
Goeie nuus vir die Lions is dat Josh Strauss sy terugkeer na die 22-tal ná ‘n besering maak. Hy sal op die plaasvervangerbank sit saam met, onder meer, Edgar Marutlulle, wat in die span ingesluit is vanweë Maku se besering.
Die Lions-span is:
Michael Killian, Lionel Mapoe, Waylon Murray, Doppies la Grange (kapt), Deon van Rensburg, Burton Francis, Jano Vermaak, Warren Whiteley, Michael Rhodes, Cobus Grobbelaar, Franco van der Merwe, Wikus van Heerden, Patric Cilliers, Martin Bezuidenhout, JC Janse van Rensburg.
Plaasvervangers: Edgar Marutlulle, Kevin Buys, David de Villiers, Josh Strauss, Rory Kockott, Elton Jantjies, Jaco Taute.
- Vir die jongste sportnuus, volg Nuus24Sport op Twitter
- SAPA