Uittog wag dalk op Highlanders
2010-05-18 14:27
In-diepte Verslae
Die Western Force was te sterk teen die Lions tydens hul Vodacom Super-rugbywedstryd by die NIB-stadion in Perth.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Dunedin – Daar wag moeilike tye op die Highlanders, nadat bekend gemaak is dat heelwat van hul spelers in die visier van ander spanne vir volgende jaar se Super15-reeks is.
Die Highlanders het verlede Saterdag met 38-36 teen die Reds in Brisbane verloor om vanjaar twaalfde in die Super14-reeks te eindig.
Die afrigterspan sal nou konsentreer op wat verkeerd geloop het en wat gedoen kan word om die Highlanders se swak vertoning in vanjaar se Super14-reeks te verbeter.
Israel Dagg, heelagter van die Highlanders vir die afgelope twee jaar, het bevestig dat die Crusaders in sy dienste belangstel.
"My beste vriend (Zac Guildford) speel vir hulle en hy stuur die heeltyd sms'e oor hoe hy dit daar geniet," het Dagg aan die Sunday Star-Times gesê.
"Dit is vir my 'n versoeking. Ek't 'n groot besluit om te maak," het hy gesê.
Die Highlanders se flank, Adam Thomson, is nog 'n speler waarna die Crusaders vry.
Stut Jamie Mackintosh was vermoedelik op die punt om 'n skuif na die Hurricanes te maak voor hy besluit het om by die Highlanders aan te bly.
Na bewering is die talentvolle Highlanders-losskakel Robbie Robinson ook in die visier van ander Super14-spanne.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter
te volg.
- Sport24