Super Rugby

Tweestryde in Soweto

2010-05-28 08:03
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Force wen Lions in Perth
Force wen Lions in Perth

Die Western Force was te sterk teen die Lions tydens hul Vodacom Super-rugbywedstryd by die NIB-stadion in Perth.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Stephen Nell

Kaapstad – Nou vir die ware Jakob!

Nadat daar twee weke gelede aanskou moes word hoe die Stormers die Bulls se B-span op Nuweland klop, vind die tweestryde waarna rugbyliefhebbers al sedert Maart uitsien oplaas Saterdag in die Orlando-stadion in Soweto plaas.

Dis die Bulls teen die Stormers – Victor Matfield teen Andries Bekker, Morné Steyn teen Peter Grant, Gary Botha teen Tiaan Liebenberg, Wynand Olivier teen Juan de Jongh en Pierre Spies teen Duane Vermeulen om net ’n handjievol van die tweestryde uit te lig.

Grant, die Stormers se komkommerkoel losskakel, meen sy en ook Steyn se heil lê by hul voorspelers.

“Ons speel agter die voorspelers en is afhanklik van die goeie besit wat hulle voorsien. Hulle het tot dusver vanjaar vir ons goeie momentum gegee en ons wil dit so hou. Jy kan dit nie as ’n man-op-man-stryd beskou nie,” sê die Stormers se onder-kaptein.

Grant is verlede week oor die hoof gesien vir die Springbok-span wat volgende Saterdag teen Wallis in Cardiff gaan speel.

Ofskoon daar nog ’n kans is dat hy in die reeks teen Italië betrokke kan wees, beskou hy nie môre se tweestryd met die Bokke se generaal as ’n kans om homself te bewys nie.

“Die span het goed gevaar en die manne wat die Bok-span gehaal het, het ’n goeie seisoen gehad. Soos ek gesê het, is al waarvoor ek hoop goeie besit. Dit gaan ’n groot stryd voor wees,” sê Grant.

Dis nie altemit nie. Voorlangs word daar veral in die lynstane na die stryd tussen Matfield en Bekker (Sport24 doen môre ’n deeglike statistiese vergelyking tussen dié twee hemelbesems) uitgesien.

Bekker was die afgelope seisoen of twee Matfield se student by die Bokke, maar sy vertonings vanjaar getuig van ’n man wat oorgehaal is om nou Suid-Afrika se nr. 5-trui sy eie te maak.

Grant het ook die rol van dissipline beklemtoon. Die Stormers is goed vertroud met wat Steyn kan doen nadat sy strafdoel die Westelike Provinsie verlede jaar in die Curriebeker-halfeindstryd op Nuweland gekelder het.

Grant se slaagsyfer pale toe van 82% vanjaar is effens beter as Steyn se syfer van 77%.

Die perspektief wat gebied moet word, is dat Steyn slegs op die Bulls se toer nie goed gekorrel het nie en oorsee met 14 van sy 26 skoppe pale toe geslaag het.

Sy slaagsyfer in Suid-Afrika is 68 uit 80 (85%).

Grant was meer bestendig en het met 49 van sy 60 skoppe pale toe geslaag.

Die Stormers se losskakel sal hom ook nie deur vuvuzelas van stryk laat bring wanneer hy môre pale toe korrel nie.

“Ek word al heel week oor die vuvuzelas geterg,” sê Grant met ’n laggie.

“Ongeag waar ons speel, sal daar baie geraas wees. Daar is baie op Nuweland en die vuvuzelas is maar net ’n ander soort klank. Hopelik kan ek dit hanteer!”

Die groot vraag is eerder of die Stormers die Bulls se lugaanval kan hanteer.

 “Almal weet dit kom, maar sukkel maar om iets daaraan te doen. Ons verwag dieselfde en sal ook die aanslag van hangskoppe die hoof moet bied,” sê Grant.

Ofskoon hierdie reeds die Stormers se suksesvolste span in hul geskiedenis is, is die spelers oorgehaal om hul welslae ’n trappie verder te neem.

“Ons is altyd met die span van 1999 vergelyk, maar nou skryf ons ons eie geskiedenis. Dis wonderlik om deel daarvan te wees,” sê Grant.

“Daar is ’n groot vasbeslotenheid onder die spelers. Ja, ons het reeds iets bereik, maar ons konsentreer nou uitsluitlik op die volgende taak. En dís die een in die Noorde hierdie naweek.”

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24
 

Lees meer oor: bulls  |  stormers  |  super14

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

Erich sê... As die bytbewering waar is, is dit nie meer snaaks nie. Die man moes die gewoonte op 2 jarige ouderdom al afgeleer het. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FIAT

Multipla 1.9 JTD MPV Dsl
2005
R 119,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 2.0 Highline
2006
R 129,990.00

VOLKSWAGEN

Caravelle T4 TDi Highline MPV Dsl
2003
R 189,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.