Terugslag vir Chiefs voor Bulls-stryd
2011-04-29 15:16
In-diepte Verslae
Die Western Force was te sterk teen die Lions tydens hul Vodacom Super-rugbywedstryd by die NIB-stadion in Perth.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Chiefs terugslag voor Bulls-stryd
Pretoria - Die Waikato Chiefs is die dienste van die All Black-vleuel Sitiveni Sivivatu kwyt vir die Super Rugby-kragmeting teen die Bulls op Loftus Versfeld.
Die Kiwi-blits is in die beginspan opgeneem ten spyte van 'n lastige dyspierbesering, maar is Vrydag vir die wedstryd onttrek.
Save Tokula sal Sivivatu op die linkervleuel vervang.
Tokula is die enigste verandering aan die span wat met 34-30 teen die Lions in Johannesburg geseëvier het.
Afskoptyd Saterdag is 17:05.
Chiefs:
15 Mils Muliaina (kaptein), 14 Lelia Masaga, 13 Richard Kahui, 12 Dwayne Sweeney, 11 Save Tokula, 10 Stephen Donald, 9 Brendon Leonard, 8 Fritz Lee, 7 Scott Waldrom, 6 Liam Messam, 5 Romana Graham, 4 Craig Clarke, 3 Ben Afeaki, 2 Aled de Malmanche, 1 Toby Smith
Plaasvervangers: 16 Hika Elliot, 17 Sona Taumalolo, 18 Isaac Ross, 19 Sam Cane, 20 Tawera Kerr-Barlow, 21 Tim Nanai-Williams, 22 Jackson Willison
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- Sport24