Super Rugby

Terug uit ‘koue’ en rég vir Habana

2010-05-23 21:31
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Force wen Lions in Perth
Force wen Lions in Perth

Die Western Force was te sterk teen die Lions tydens hul Vodacom Super-rugbywedstryd by die NIB-stadion in Perth.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

J.J. Harmse

Pretoria. - Niemand is blyer as Gerhard van den Heever dat die Bulls Saterdag in die Orlando-stadion in die eindstryd van die Super14-reeks teen die Stormers speel nie.

Dit bied nie net aan dié 21-jarige blits en drieëvraat ’n kans om in sy eerste eindstryd te speel nie, maar dit bied hom ook ’n geleentheid om hom teen Bryan Habana te weeg.

Habana was tot verlede jaar ’n mentor vir en spanmaat van die Bulls-jongeling, maar selfs Habana sal verbaas wees oor die skouspelagtige opgang van dié oud-hekkiesatleet.

Van den Heever het twee weke lank langs die kantlyn gesit en hakke skop nadat hy weens ’n gevaarlike duikslag geskors is, maar is nou slaggereed en lús vir die eindstryd.

“Ja, dit is omtrent ’n verligting,” het die vleuel aan Sport24 gesê, enkele ure nadat die Bulls Saterdag in Soweto die Crusaders met kliniese spel afgeslag het.

“Dit was frustrerend om te sien hoe die res van jou spanmaats swoeg en jy kan niks daaraan doen nie.”

Hy is baie opgewonde oor sy tweestryd met Habana.

“Hy bly die beste vleuel ter wêreld en dit is waaroor rugby op dié vlak gaan: om jou teen die bestes te toets.”

Van den Heever se insluiting in die plek van Jaco van der Westhuyzen op regtervleuel is ’n gegewe, met die veteraan-Bok wat waarskynlik na die plaasvervangersbank sal skuif.

Dit behoort die enigste verandering aan die Bulls se span te wees vir die eindstryd, hoewel daar kommer is oor die skouerbesering wat Danie Rossouw opgedoen het.

Rossouw het die veld in die tweede helfte verlaat nadat hy ’n stamp hoog teen ’n skouer, naby sy nek, gekry het.

Hy het juis vroeër vanjaar ’n wedstryd weens ’n soortgelyke besering misgeloop.

“Dit is nog te vroeg om te sê hoe ernstig die besering is, maar ek dink nie ons hoef bekommerd daaroor te wees nie en vertrou dat hy reg sal wees,” het die Bulls-afrigter, Frans Ludeke, ná die wedstryd gesê.

Ludeke het darem die wete dat Flip van der Merwe, wat Rossouw gedurende die wedstryd vervang het, ook saam met die kaptein, Victor Matfield, in die enjinkamer kan stook.

Van der Merwe was tot dusver vanjaar een van die suksesverhale en wanneer hy as plaasvervang­er opgestuur is, was hy dikwels deel van ’n Bulls- terugvegpoging.

Daar sal nietemin duim vasgehou word dat Rossouw wel sy plek kan inneem, veral omdat Bakkies Botha nog geskors is.

Van der Merwe se werkverrigting en vermoë om die bal lewendig te hou, is ’n reuse-bate vir die span.

Volgens die Bulls-spandokter, Org Strauss, verwag hy dat Rossouw betyds sal herstel.

’n Paar ander spelers het ook skete.

Francois Hougaard het ’n kwaai kneusing aan een van sy hande en Dewald Potgieter het ’n lamboud opgedoen.

Wynand Olivier, wat veral op die verdediging weer skitterend was, het ’n harde stamp teen een van sy knieë gekry, maar behoort reg te wees.

Olivier se direkte speelstyl het die Crusaders deurentyd probleme besorg en sy verdediging het paniek tussen sy teenstanders gesaai.

- Die Burger

Lees meer oor: super14  |  rugby

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

Erich sê... As die bytbewering waar is, is dit nie meer snaaks nie. Die man moes die gewoonte op 2 jarige ouderdom al afgeleer het. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX AT MY04
2005
R 135,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY09 AT
2009
R 277,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.