Super Rugby

Terblanche trek trui 200ste keer oor kop

2011-04-07 07:29
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Force wen Lions in Perth
Force wen Lions in Perth

Die Western Force was te sterk teen die Lions tydens hul Vodacom Super-rugbywedstryd by die NIB-stadion in Perth.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Johannesburg - Stefan Terblanche word Saterdag die eerste speler in die geskiedenis van Sharks- en Natal-rugby wat 200 wedstryde vir dié provinsie speel.

Sedert hy sy debuut in Suid-Afrikaanse rugby 17 jaar gelede in 1994 vir die Boland gemaak het, het hierdie oud-Swellendammer nou ’n ongelooflike 400 eersterangse wedstryde gespeel.

Dit sluit in 37 toetse vir die Springbokke, nog vier Woensdag-wedstryde vir die Bokke, drie vir die Barba­rians, 87 vir die Walliese klub Ospreys, twee vir die SA onder 21-span, 67 vir die Boland, 112 Superwedstryde vir die Sharks en 87 Curriebeker-wedstryde vir die KwaZulu-Natallers.

Die 400 wedstryde wat Terblanche in Suid-Afrikaanse rugby gespeel het, is bykans 50 meer as die volgende meeste, Ollie le Roux met 357 wedstryde.

Albert van den Berg, nog ’n oud-Sharks, is derde met 338 wedstryde, gevolg deur die Bulls se Victor Matfield (337) en dan John Smit (323).

Vir die Sharks het Terblanche die langstaande rekord van Hugh Reece-Edwards en Steve Atherton (albei 165) in die stof laat byt.

Sy resep om op 35-jarige ouderdom nog steeds sy span met voorbeeld te lei, is ’n stewige dosis geluk, harde werk en om slim te wees.

“Ek is baie gelukkig met beserings,” het hy aan die Sharks se webwerf gesê.

“Jy moet ook goed omsien na jou liggaam.

“Jy moet hard oefen, genoeg rus en reg eet.

“Kortom, jy moet professioneel optree in die professionele era.

“Jy moet ook slim wees in jou oefen-metodes. Soms is jou liggaam bietjie seer en moeg en jy moet luister wat jou lyf vir jou sê.

“Rus is net so belangrik soos oefening. Jy moet die regte balans tussen die twee vind,” het Terblanche , ’n Mosselbaaier van geboorte, gesê.

Hy erken dit is ’n groot eer en ’n voorreg om op die drempel van sy 200ste verskyning vir die Sharks te staan.

“Ek is nog net so opgewonde voor ’n wedstryd as toe ek begin speel het. Al verskil is met die ervaring kom daar kalmte. Tog knaag die senuwees maar steeds soms voor wedstryde.

“My eerste wedstryd vir die Sharks in 1998 teen die Auckland Blues was ’n wonderlike ervaring. Hulle het ouens soos Carlos Spencer, Jonah Lomu, Joeli Vidiri en Adrian Cashmore gehad. ’n Ongelooflike span,” sê hy.

Hy onthou ook nog sy 100ste wedstryd teen die Westelike Provinsie en sê sy groot hoogtepunt was verlede jaar se eindstryd, toe hy die Sharks aangevoer het tot Curriebeker-glorie teen die WP in Durban.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
19 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

Erich sê... As die bytbewering waar is, is dit nie meer snaaks nie. Die man moes die gewoonte op 2 jarige ouderdom al afgeleer het. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX AT MY04
2005
R 135,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY09 AT
2009
R 277,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.