Taute dra nr.15-trui teen Cheetahs
2013-01-30 14:57
In-diepte Verslae
Die Cheetahs het hul droom om die Super-reeks se uitspeelrondes te bereik, lewend gehou deur 'n bonuspunt-oorwinning oor die Kings in PE te behaal.
Die Cheetahs se afrigter, Naka Drotské, het die versoeking weerstaan om Heinrich Brüssow in die 15-tal te kies vir die stryd teen die Higlanders.
Kaapstad – Jaco Taute sal sy debuut vir die Stormers in Saterdag se opwarmwedstryd teen die Cheetahs maak.
Taute het in 2012 meestal op senter vir die Lions en Springbokke gespeel, maar sal op heelagter in Bloemfontein uitdraf.
Die leenspeler van die Lions, Martin Bezuidenhout, sal die nr. 2-trui dra en Kurt Coleman kry speelkans op losskakel.
Duane Vermeulen, die Stormers se agsteman, dra Saterdag die kapteinsarmband.
So lyk die span:
15 Jaco Taute, 14 Gio Aplon, 13 Juan de Jongh, 12 Damian de Allende, 11 Bryan Habana, 10 Kurt Coleman, 9 Louis Schreuder, 8 Duane Vermeulen (kaptein), 7 Don Armand, 6 Nizaam Carr, 5 De Kock Steenkamp, 4 Eben Etzebeth, 3 Frans Malherbe, 2 Martin Bezuidenhout, 1 Steven Kitshoff.
Plaasvervangers: 16 Stephan Coetzee, 17 Pat Cilliers, 18 Ruan Botha, 19 Michael Rhodes, 20 Rayn Smid, 21 Dewaldt Duvenage, 22 Pat Howard, 23 Gerhard van den Heever, 24 Joe Pietersen.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- SAPA