Super Rugby

Tappe wys blaser op sy 'drie-fout'

2011-05-12 07:10
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Force wen Lions in Perth
Force wen Lions in Perth

Die Western Force was te sterk teen die Lions tydens hul Vodacom Super-rugbywedstryd by die NIB-stadion in Perth.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Kaapstad – Dewaldt Duvenage se “drie” wat nie vroeg in Saterdag se Super Rugbywedstryd tussen die Stormers en Crusaders toegeken is nie, moes gestaan het.

Dít was Woensdag die mening van die Sanzar-skeidsregterkeurder Tappe Henning toe hy oor die voorval vroeg in Saterdag se wedstryd op Nuweland gepols is. Henning het die kwessie sedertdien met Chris Pollock bespreek en hom op die fout gewys.

“Dit was ’n drie. Die skeidsregter het die verkeerde besluit geneem en was veronderstel om voordeel toe te laat. Die assistent-skeidsregter het aan hom gesê dat hy voordeel kan toelaat en hy het verkeerdelik ’n lynstaan aan die Crusaders toegeken,” het Henning gesê.

Duvenage het die bal onderskep nadat dit vinnig deur die Crusaders se kaptein, Kieran Read, ingegooi is. Read het egter sy een voet in die speelveld gehad toe hy die bal ingegooi het.

Die feit dat die foutiewe ingooi onderskep is, moes egter die voordeelreël in werking laat tree het.

Pollock se onsekerheid spruit egter uit die woord “disallowed” wat in die Engelse reëlboek voorkom – met ander woorde, hy het gedink die ingooi moes nie toegelaat gewees het nie omdat dit verkeerdelik deur die Crusaders uitgevoer is. Voordeel moes egter aan die Stormers toegeken word.

Die voorval het Pollock ná die wedstryd gepla en hy het Henning reeds uit sy kleedkamer by Nuweland geskakel om te vra of hy die regte besluit geneem het.

Dit het debat in plaaslike skeidsregterskringe ontketen en ’n vinnige oproep na die Internasionale Rugbyraad (IRR) het onsekerheid uit die weg geruim.

Pollock hanteer Saterdag se wedstryd tussen die Bulls en Melbourne Rebels. Die voorval is met hom bespreek sodat die fout nie herhaal word nie.

Dié gewese toetsblaser is nie van mening dat die voorval die Stormers die wedstryd gekos het nie.

“Dit het ná vier minute gebeur en dit sou onregverdig wees om te sê dit het die wedstryd se uitslag bepaal. Net so kan jy ook verwys na ’n voorval waar die Stormers se losskakel misgekorrel het,” het Henning gesê.

’n Ander besprekingspunt uit die wedstryd was dat Pollock nie strenger opgetree het toe die Cru­saders laat in die wedstryd oortree het toe die Stormers rolmaalbewegings van lynstane af van stapel gestuur het nie.

“Ons het hom daaroor uitgevra en hy was nie van oordeel dat daar nie by een van die twee voorvalle waarskynlik ’n drie gedruk sou gewees het nie,” het Henning gesê.

Sport24

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lees meer oor: super rugby  |  rugby  |  stormers

Lewer kommentaar op hierdie artikel
53 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

Erich sê... As die bytbewering waar is, is dit nie meer snaaks nie. Die man moes die gewoonte op 2 jarige ouderdom al afgeleer het. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX AT MY04
2005
R 135,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY09 AT
2009
R 277,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.