'Tahs skrikkerig vir All Black
2010-05-12 11:43
In-diepte Verslae
Die Western Force was te sterk teen die Lions tydens hul Vodacom Super-rugbywedstryd by die NIB-stadion in Perth.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Sydney – Die senter van die Waratahs, Tom Carter, weet wat op hom wag in sy span se kragmeting Vrydag teen die Hurricanes in Sydney.
Carter se opponent in die Hurricane-trui, Ma'a Nonu, het sy span tot onlangse sukses help aanvoer om ‘n plek in die top vier van die Super14-toernooi te verseker.
En Carter het laat weet dat hy sal hulp van sy Waratah-spanmaats soek om dié vurige All Black in toom te hou.
"Gewoonlik kom Nonu se spelpeil eers teen die einde van die seisoen goed op dreef en dit is presies wat nou ook besig is om te gebeur. Soos julle reeds gesien het, is hy natuurlik in ‘n verwoestende bui,” het Carter Woensdag by 'n mediakonferensie gesê.
“Dit is baie moeilik om teen hom te verdedig, so basies moet mens die skade tot 'n minimum probeer hou."
Carter glo as hy die nodige ondersteuning van sy agterspelers kry, Nonu se invloed op die spel beperk kan word.
Nonu se All Black-spanmaat, Conrad Smith, is nader geroep vir die Hurricanes se beginspan, maar daar bestaan steeds twyfel oor skrumskakel Piri Weepu se enkelbesering. Tyson Keats sal Weepu moontlik vervang as hy nie betyds herstel nie.
Afskoptyd Vrydag tussen die Hurricanes en die Waratahs in Sydney is 11:40.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sport24