'Tahs bal vuiste vir Cheetahs
2010-04-03 12:39
In-diepte Verslae
Die Western Force was te sterk teen die Lions tydens hul Vodacom Super-rugbywedstryd by die NIB-stadion in Perth.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Anja Carstens
Kaapstad - Die Cheetahs het hul eerste Super14-wedstryd van hul Australasiese toer teen die Waratahs met 40-17 in Sydney verloor
Ligte reën en 'n nat veld kon die Waratahs nie keer om vyf drieë vir 'n bonuspunt en die eerste plek op die Super14-puntelys te verdien nie.
Die rustydtelling was 23-3 in die guns van die tuisspan.
Alhoewel die manne van Sydney nie juis goed getoer het nie en teen die Bulls én Stormers vasgeval het, is hulle terug op die wenpad na 'n vyfde agtereenvolgende Super14-oorwinning.
Na 'n eerste helfte waarin die Vrystaters lusteloos gelyk het en met hul skrumwerk en lynstane gesukkel het, het hulle in die tweede helfte met meer veggees begin.
Die stut WP Nel en plaasvervanger Corné Uys het die Cheetahs se twee drieë in die laaste tien minute van die wedstryd aangeteken.
Puntemakers:
Cheetahs: Drieë: WP Nel, Corné Uys Doelskoppe: Meyer Bosman (2) Strafskoppe: Naas Olvier
Waratahs: Drieë: Rob Horne, Ben Robinson, Al Baxter, Kurtley Beale, Joshua Holmes Doelskoppe: Daniel Halangahu (2) Berrick Barnes Strafskoppe: Daniel Halangahu (3)
Die Cheetahs se volgende kragmeting is teen die Brumbies en die Waratahs kom teen die Crusaders in Christchurch te staan.
- Nuus24