Sykes terug in Haaitenk
2012-01-24 12:58
In-diepte Verslae
Die Western Force was te sterk teen die Lions tydens hul Vodacom Super-rugbywedstryd by die NIB-stadion in Perth.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Durban – Die slot Steven Sykes het gekies om vir die Super Rugby-reeks na die Sharks terug te keer, nadat hy 'n kort tydjie vir Leinster gespeel het.
Volgens die RugbyWeek-webtuiste het Sykes die Durban-franchise aan die einde van 2011 se Super-reeks verlaat, maar gekies om Ierland vir Suid-Afrika te verruil vir 'n nuwe geleentheid by die Sharks.
"Toe ek die kans gekry het om vir Leinster te speel het ek dit regtig met albei hande aangegryp en dit was fantasties," het hy aan die Sharksworld-webtuiste gesê.
"Ek het altyd geweet dat ek sal terugkeer na die Sharks, maar het nie besef dat ek hulle so erg sou mis nie. Toe die kans kom om weer by die span aan te sluit het ek dit gevat."
Sykes mag wel daarna uitsien om die swart-en-wit trui weer oor sy kop te trek, maar hy gaan stewige kompetisie van spelers soos Alistair Hargreaves, Ross Skeate, Anton Bresler en Jandre Marais in die slot-posisie kry.
Die Sharks skop hul Super Rugby-veldtog teen die Bulls op 24 Februarie op Loftus Versfeld af.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24