Super Rugby

Syfers wys Bulls pas beste aan

2010-03-03 11:01
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Plumtree kies Michalak op skrumskakel
Plumtree kies Michalak op skrumskakel

Die afrigter van die Sharks, John Plumtree, het sy span aangekondig vir die vriendskaplike wedstryd teen Boland op Kingspark in Durban.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Bulls en Cheetahs oefen
Bulls en Cheetahs oefen

Die Cheetahs en Bulls oefen vir die groot Super Rugby-derby op Loftus Versfeld.

Pretoria – Die Bulls is die span wat die beste by die strenger toepassing van sekere rugbyreëls aangepas het volgens statistieke wat vir die eerste drie Super14-rondes uitgereik is.

Volgens dié statistieke, uitgereik deur die Suid-Afrikaanse skeidsregtersvereniging, het die Bulls tot dusver net 21 strafskoppe afgestaan.

Die Bulls-kaptein Victor Matfield het erken dat sy span se mislukte poging in die verdediging van hul Super14-titel in 2008, deels was omdat hulle nie by die nuwe reëls aangepas het nie.

Die Cheetahs het wel net ses stafskoppe in hul wedstryd teen die Bulls afgestaan maar die Bulls het in hul kragmetings teen die Brumbies en die Waratahs, uitstekend gedoen om beheer te neem in die tweede helftes.

Die Brumbies en Waratahs het albei 12 strafskoppe teen die Bulls afgestaan.

Die aantal strafskoppe wat reeds vanjaar aan die Bulls toegeken is, het ook ‘n verskillende aspek in die manne van Pretoria se spel meegebring.

Waar hulle gewoonlik konserwatief speel en Morné Steyn eerder pale toe sal skop, word daar nou meer na drieë gejag.

“Met die strenger toepassing van die reëls, as jy nou in jou opponent se kwartgebied is, is dit moeilik vir die aanvallende span om die bal te verloor as hulle reg speel," het Matfield gesê.

Die Bulls het ook sover die meeste drieë van al die Super14-spanne aangeteken (17), vier meer as die Chiefs.

Die Sharks daarenteen kon in hulle drie wedstryde nog net een keer die doellyn oorsteek.

Tog vertel statistieke nie altyd die volle verhaal nie en is dit ook nie altyd ‘n aanwyser vir sukses nie. Die Western Force is die span wat die tweede minste strafskoppe afgestaan het (23), maar hulle sit tans heel onder op die puntelys.

Dieselfde geld vir die Brumbies, Chiefs en die Hurricanes wat heelwat gestraf is in hul wedstryde, maar steeds punte kon aanteken en wedstryde wen wanneer dit saak gemaak het.

Strafskoppe in eerste drie wedstryde deur spanne afgestaan:

Blues: 13 + 9 + 13 = 35

Brumbies: 10 + 12 + 14 = 36

Bulls: 9 + 8 + 4 = 21

Cheetahs: 6 + 15 + 8 = 29

Chiefs: 9 + 21 + 8 = 38

Crusaders: 7 + 12 + 9 = 28

Highlanders: 6 + 7 + 15 = 28

Hurricanes: 12 + 12 + 14 = 38

Lions: 9 + 11 + 12 = 32

Reds: 14 + 10 + 5 = 29

Sharks: 14 + 10 + 9 = 33

Stormers: 11 + 12 + 12 = 35

Waratahs: 9 + 12 + 12 = 33

Western Force: 9 + 7 + 7 = 23

Drieë in eerste drie wedstryde deur spanne:

Blues: 2 + 3 + 4 = 9

Brumbies: 3 + 3 + 1 = 7

Bulls: 6 + 5 + 6 = 17

Cheetahs: 3 + 1 + 2 = 6

Chiefs: 1 + 8 + 4 = 13

Crusaders: 4 + 2 + 4 = 10

Highlanders: 2 + 2 + 3 = 7

Hurricanes: 1 + 7 + 4 = 12

Lions: 1 + 8 + 2 = 11

Reds: 3 + 4 + 2 = 9

Sharks: 0 + 1 + 0 = 1

Stormers: 2 + 3 + 1 = 6

Waratahs: 2 + 0 + 4 = 6

Western Force: 0 + 3 + 1 = 4

- Sport24
 

Lees meer oor: super14

Lewer kommentaar op hierdie artikel
15 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

Joos sê... Francisco Mancebo Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-29°C Isolated tstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-27°C Passing showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 21-30°C Strong thunderstorms. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Light rain. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-25°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Spark 1.0 LS 5-dr
2006
R 59,995.00

ISUZU

KB300 TDi D-Cab LX Dsl MY04 PU
2007
R 148,994.00

FORD

Territory 4.0 AWD Ghia AT MY06
2007
R 159,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.