Super Rugby

Superjaar vir twee Bulle

2011-01-27 09:49
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Coetzee soek nie meer oorsese losvoorspeler
Coetzee soek nie meer oorsese losvoorspeler

Allister Coetzee, wat uit verskeie oorde gekritiseer is oor Jebb Sinclair se insluiting, het sy soektog na 'n oorsese losvoorspeler laat vaar.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Johannesburg - Dis dalk net die eerste rugbywedstryd van die seisoen, maar vir Akona Ndungane en Francois Brummer kan dit hul belangrikstes van die jaar wees.

Ndungane maak sy terugkeer ná byna twee jaar ná beserings en Brummer moet Saterdag in Port Elizabeth teen die Kings wys dat hy wel die kroonprins vir Morné Steyn se nommertien-trui kan wees.

Die Bulls speel slegs twee opwarmwedstryde, die komende naweek en aanstaande Saterdag in Nelspruit.

Met die uitsoekspan wat in die Mbombela-stadion gaan uitdraf, gaan Saterdag se kragmeting in die Nelson Mandelabaai-stadion deurslaggewend wees tussen die Bulls-spelers met Super Rugby-aspirasies en die wat tevrede gaan wees om fiks te bly in die Vodacombeker-reeks.

Dit is juis in laasgenoemde waar Brummer die laaste seisoen of wat uitstaande was en al hoe meer kyke in sy rigting begin gee is as ’n moontlike opvolger vir Steyn, wat in elk geval vanjaar in nasionale belang met groot omsigtigheid bestuur moet word.

Brummer besef maar alte goed dat daar sekere verwagtinge is, maar ook dat kans om te wys hy kán Steyn se skoene volstaan, nie baie volop gaan wees nie.

“Ek sal graag wil hê mense moet aan die einde van die seisoen van my praat as iemand wat wel sy kanse benut het, maar ja, dit kan ongereeld wees.

“En dit maak dit moeilik, want ’n mens kan geneig wees om te gretig te wees as jy wél die kans kry,” het die gewese Waterklofer aan Sport24 gesê.

“Ek sien myself baie in dieselfde situasie waar Morné ’n paar seisoene was toe hy in Derick Hougaard se skadu was. Hopelik sal ek, soos Morné, wel die kans kan benut wanneer dit kom.

“Ek leer elke dag by hom (Steyn) en weet hoe belangrik harde werk gaan wees,” het Brummer gesê.

Hy het verlede seisoen sy eerste proesel Super Rugby beleef en meen hy het die aptyt daarvoor.

“Dit was beslis vinniger as waaraan ek gewoond was, maar ek dink dinge het goed gegaan,” het Brummer oor sy Bulls-debuut in die Super14-reeks teen die Stormers op Nuweland gesê.

“Vanjaar moet my deurbraak-jaar op die vlak wees en hopelik is daar genoeg speelkans vir my om dit wel reg te kry.”

Daar is ’n tikkie ironie in Ndungane se terugkeer, wat slegs 40 minute in 2010 gespeel het.

Dit nadat hy in 2009 se Curriebeker-reeks se tweede wedstryd een van sy bene gebreek het.

Ndungane het as jongeling sy naam in Port Elizabeth vir die OP Olifante begin maak en moet nou ’n tweede keer sy loopbaan ‘bou’.

“Dit is waar ek my eerste kontrak as beroepspeler gekry het, so kom ons hoop die tweede begin bring dieselfde resultate as die eerste een,” het Ndungane gesê.

“Die keer sal ek dinge rustiger moet neem.

“Ek is gretig om die vertroue wat in my gestel is deur die Bulls se mediese span en die afrigtingskorps te regverdig, maar ek sal eers ná die wedstryd ’n beter idee hê waar ek staan.”

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

Tony sê... @roelf.campher en CarlikBait Ten minste het my Stormers nog nooit verloor teen die Kings soos 'n sekere ander span nie!!!!!!!!!!! Goodbye you 2 are the weakest links. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Nippy. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Management Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Assistant Financial Controller

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Financial Manager

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY02
2005
R 119,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.6 Std 5-dr
2001
R 71,400.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.