Super Rugby

Super-rugby: SA het 8 blasers

2011-12-02 09:52
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Force wen Lions in Perth
Force wen Lions in Perth

Die Western Force was te sterk teen die Lions tydens hul Vodacom Super-rugbywedstryd by die NIB-stadion in Perth.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Johannesburg. – Die Oos-Kapenaar Sindile Mayende tel onder die agt Suid-Afrikaanse rugby-skeidsregters wat in die Skeidsregtersvereniging (SARRV) se groep vir die Super-seisoen in 2012 benoem is.

Die 28-jarige Mayende word as ’n kandidaat beskou om as skeidsregter in die Super-reeks op te tree, al is hy nie op Sanzar se voorlopige lys van skeidsregters in die 2012-reeks nie.

As alles volgens plan verloop, sal al agt op die SARRV se lys in die Super-reeks optree.

Die Vrystater Lourens van der Merwe en Stuart Berry van KwaZulu-Natal gaan ook ’n kans kry om Super-wedstryde te hanteer en tel onder Sanzar se reserwelys vir die reeks.

Albei is deel van die SARRV se groep vir die Super-seisoen aanstaande jaar.

Die res van die skeidsregters in die groep is reeds op Sanzar se paneel vir blasers in die Super-reeks.

Dit sluit die Vrystater Jaco Peyper in, terwyl die Wêreldbeker-skeidsregters Marius Jonker, Craig Joubert, Jonathan Kaplan en Mark Law­rence en Jaco Peyper ook deel van die Super-reeks gaan wees.

Pro Legoete tel saam met die Australiër Nathan Pearce onder die blasers wat vanjaar Super-wedstryde hanteer het, maar nie weer vir aanstaande jaar behou is nie.

Mayende het straks voor Legoete in die ry gespring, hoewel Legoete steeds ’n reserwe vir die SARRV se Super-groep is.

André Watson, Suid-Afrika se skeidsregterbaas, het gister gesê hy is tevrede met die skeidsregters waarmee Suid-Afrika tans woeker.

“As iemand soos Sindile voortgaan om soos vanjaar te presteer, is die kanse goed dat hy Super-rugby sal blaas.

“Ons het ook twee ouens, Cwengile Jadezweni (van die Westelike Provinsie) en Jaco van Heerden (van die Blou Bulle) wat nuut is in ons na­sionale groep,” het hy oor die groep skeidsregters wat ’n vlak onder die Super-groep val, gesê.

Saru-panele


Die Saru-panele vir rugbyskeidsregters in 2012 is:

Super-reeks: Stuart Berry, Marius Jonker, Craig Joubert, Jonathan Kaplan, Mark Law­rence, Sindile Mayende, Jaco Peyper, Lourens van der Merwe (almal verbonde aan SARRV).

Reserwes: Quinton Immelman, Jason Jaftha, Pro Legoete, Rasta Rasivhenga, Joey Salmans (SARRV).
Nasionale groep: Ben Crouse (BB), Gerrie de Bruin (BB), Francois Groenewald (WP),

Cwengile Jadezweni (WP), Lusanda Jam (Grens), Pieter Janse van Vuuren (VS), Tiaan Jonker (GL), Mlungiseli Mdashe (Valke), Delbirth November (SWD), Archie Sehlako (KZN), Marius van der Westhuizen (WP), Jaco van Heerden (BB).

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lees meer oor: skeidsregters  |  super rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

Erich sê... As die bytbewering waar is, is dit nie meer snaaks nie. Die man moes die gewoonte op 2 jarige ouderdom al afgeleer het. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX AT MY04
2005
R 135,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY09 AT
2009
R 277,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.