Super Rugby

Super-riller in Soweto

2010-05-29 09:35
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Force wen Lions in Perth
Force wen Lions in Perth

Die Western Force was te sterk teen die Lions tydens hul Vodacom Super-rugbywedstryd by die NIB-stadion in Perth.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

J.J. Harmse

Soweto - Hollywood sou dié een nie beter kon verwoord nie. Daar is die Super14-kampioen wat uitgedaag word deur ’n teenstander wat glo hy is jonger en vinniger. En daar is liplek-tweestryde tussen rugbyspelers van wêreldgehalte.

Bryan Habana teen sy ou spanmaats, Victor Matfield en Andries Bekker, Jaco Pretorius teen Jaque Fourie, Pierre Spies teen Duanne Vermeulen... so kan elkeen van hierdie stryde afgetel word.

Daar is vir die Bulls die kans om ’n nuwe rekord vir agtereenvolgende oorwinnings neer te pen en ’n baie duidelike stempel op die rugbylandskap af te druk.

So ook is dit eindelik die groot kans vir die Stormers om hul eerste glorie in Super14-rugby te smaak.

Daar is ook die tradisionele Noord teen Suid-oorlog, waar nie net kulture bots nie, maar ook filosofieë oor hoe hierdie spel nou eintlik suksesvol gespeel moet word.

Al die subtekste speel hulle vandag binne die draaiboek van die Super14-eindstryd van 2010 af.

Die verhoog kon ook nie beter wees nie, want nie net gaan die Orlando-stadion ’n gedruis van klanke en drama wees nie – dié stadion het reeds gewys watter betekenis beton kan kry as dit met geskiedenis, emosie en rugby op sy beste ingespuit word.

Verlede week se gebeure hier was slegs ’n voorloper van dit wat vandag volg, want dié keer is dit so eg Suid-Afrikaans as wat dit kom.

Die druk gaan enorm wees.

Vir die Bulls, wat reeds die intensiteit hier beleef het, sal dit sekerlik weer ’n aansporing wees.

Hulle was al hier, ken die reuk van vrees en die smaak van sjampanje.

Die Stormers is op vreemde terrein, letterlik en figuurlik, en die uitslag gaan grootliks bepaal word deur die span se vermoë om tussen die ore dieselfde peil te handhaaf as wat hy vanjaar tussen die lyne gedoen het.

Dit gaan vir baie van die Stormers hul grootste wedstryd van hul lewens wees.

En waarskynlik ook die belangrikste.

Dat die span kán rugby speel, is die afgelope drie maande bewys.

Of hy dit steeds so goed kan speel met soveel op die spel sal net die tyd leer.

Hierdie een behoort gelykop te verloop in die basiese aspekte van die spel.

Albei spanne het stewige grondslae waarop sukses tot dusver in die reeks gebou is.

Die skrums gaan ’n interessante stryd oplewer, met die Stormers wat beslis hul sielkundige voorsprong van ’n seisoen gelede kwyt is.

Die lynstane behoort redelik gelykop te wees, met die groot keerpunt wat sal kom as een van die twee pakke hul rolmaal aan die gang kan kry.

Die stryd by die afbreekpunte kan deurslaggewend wees en die span wat die beste dissipline aan die dag lê, gaan later die aand sjampanjeproppe skiet.

Albei skerpskutters, die losskakels Morné Steyn en Peter Grant, is gereed om met hul stelskopwerk toe te slaan.

Albei lostrio’s speel briljant vorentoe, maar die een wat die beste gaan vaar op die agtervoet kan dalk net die deurslag vir sy span gee.

Die agterlyne weeg goed teen mekaar op, hoewel die Bulls-skakelpaar – Fourie du Preez en Steyn – se internasionale ervaring hul agterlyn ’n kortkop voor die Stormers s’n in dié wedstryd plaas.

Eindelik sal dit gaan oor die uitvoering van die taak en die vermoë om kalm en gefokus te bly.

Dok Danie Craven het altyd oor eindstryde gesê: “Cometh the hour, cometh the man” ...en vandag is dit wéér sulke tyd.

Bulls
Zane Kirchner, Gerhard van den Heever, Jaco Pretorius, Wynand Olivier, Francois Hougaard, Morné Steyn, Fourie du Preez, Pierre Spies, Dewald Potgieter, Deon Stegmann, Victor Matfield (k), Danie Rossouw, Werner Kruger, Gary Botha, Gurthrö Steenkamp.
PLAASVERVANG­ERS: Bandise Maku, Bees Roux, Flip van der Merwe, Derick Kuün, Jacques-Louis Potgieter, Jaco van der Westhuyzen, Pedrie Wannenburg.

Stormers
Joe Pietersen, Gio Aplon, Jaque­ Fourie, Juan de Jongh, Bryan Habana, Peter Grant, Dewaldt Duvenage, Duane Vermeulen, Francois Louw, Schalk Burger (k), Andries Bekker, Adriaan Fondse, Brok Harris, Tiaan Liebenberg, Wicus Blaauw.
PLAASVERVANGERS: Deon Fourie, JC Kritzinger, Anton van Zyl, Pieter Louw, Ricky Januarie, Willem de Waal, Tim Whitehead.

Beamptes
Skeidsregter: Craig Joubert.
Assistent-skeidsregters: Cobus Wessels, Christie du Preez.
TV-skeidsregter: Shaun Veldsman.

Wat dan?
Die Super14-trofee is nog nooit deur twee spanne gedeel nie, maar dit sal wel deur Victor Matfield én Schalk Burger gelig kan word as daar ná normale én bykomende tyd geen wenner is nie.

In die geval van ’n gelykop-uitslag ná 80 minute sal die volgende plaasvind:
20 minute bykomende tyd, met 10 minute aan elke kant.
Beseringstyd word by elk van die helftes gevoeg.
As sake dan steeds gelykop is, sal die spanne as gesamentlike wenners aangewys word.

- Sport24

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter  te volg.

Lees meer oor: super14

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

Erich sê... As die bytbewering waar is, is dit nie meer snaaks nie. Die man moes die gewoonte op 2 jarige ouderdom al afgeleer het. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX AT MY04
2005
R 135,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY09 AT
2009
R 277,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.