Super Rugby

Stryd om SA rugbykroon

2011-06-11 07:11
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Force wen Lions in Perth
Force wen Lions in Perth

Die Western Force was te sterk teen die Lions tydens hul Vodacom Super-rugbywedstryd by die NIB-stadion in Perth.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Kaapstad - Is die Stormers die nuwe fakkeldraers vir Suid-Afrika in die Super Rugbyreeks? As die Kapenaars die Bulls van­aand op Nuweland klop, moet die antwoord op dié vraag onteenseglik “ja” wees.

Die Stormers het die naweek in die eerste plek in die Suid-Afrikaanse groep en tweede plek op die algehele puntelys begin, en hul motivering om aan te hou wen spruit uit die geelwortel van ’n kortpad halfeindronde toe.

Op hul beurt móét die Bulls van­aand wen om seker te maak dat hul lot in die laaste ronde ligawedstryde aanstaande week nog in hul eie hande is.

“Kyk, hulle is op ’n missie én ons is op ’n missie,” het die Stormers-afrigter, Allister Coetzee, die si­tuasie vroeër vandeesweek geskets.

“Die druk is op albei spanne gelaai en die een wat dit die beste hanteer, sal die wenner wees. Ons het die afgelope sewe maande hard gewerk om in ’n gunstige posisie te kom en wil seker maak dat ons dinge dié naweek regkry.

“In hierdie wedstryd is daar nie ’n gunsteling of buiteperd nie. Die stadion gaan stampvol wees en dis opwindend om deel van dié soort wedstryd te wees.

“Ons fokus is bloot daarop om die wenmomentum te behou. Die span weet wat in ’n derbystryd teen die Bulls vereis word. Die intensiteit en fisieke aspek van die wedstryd gaan iets yslik wees.”

Die voormalige Stormers-kaptein Corné Krige het gister ’n beroep op die Kapenaars gedoen om hul sege op Loftus Versfeld vroeër vanjaar met een op Nuweland op te volg.

“Die Stormers het vanjaar al soveel kere gewys dat hy ’n goeie span is en veral die pak voorspelers het goed gevaar. Ek dink hulle het die Bulls op Loftus onverhoeds betrap en dis belangrik om nóg ’n sege by daardie een te voeg. As die Stormers dié een wen, sal ek oortuig wees dat Suid-Afrikaanse rugby se mag nou in die Kaap gesetel is,” het Krige gesê.

Indien die Stormers wen, sal hulle ook die bevrediging hê om moontlik ’n goue geslag Bulls-spelers op Nuweland tot die Super Rugby-ashoop te verdoem. Dit sal vir die Bulls, wat Suid-Afrikaanse rugby die laaste dekade oorheers het, ’n vernedering wees.

Die Stormers hou vol hul motivering spruit bloot uit die moontlikheid van ’n loslootjie in die eerste week van die uitklopwedstryde indien hulle onder die voorste twee spanne op die algehele puntelys eindig.

Met die begin van hierdie naweek se wedstryde was die Stormers 6 punte voor die Sharks en 8 punte voor die Bulls in die Suid-Afrikaanse groep, en slegs agter die Reds op die algehele puntelys.

Die groepwenners in Suid-Afrika, Nieu-Seeland en Australië gaan al drie reguit deur uitklopwedstryde toe. Die twee met die meeste punte op die algehele puntelys vorder outomaties halfeindronde toe, wat beteken hulle kry nóg ’n loslootjie.

Daar sal ook liplekker-tweestryde in vandag se wedstryd wees, met die twee lynstaan-reuse, Andries Bekker en Victor Matfield, wat mekaar die stryd aansê, Bryan Habana wat Bjorn Basson se aanslag op die vleuel sal wil afweer en Duane Vermeulen wat vir die Springbok-afrigter, Peter de Villiers, sal wil wys waarom hý en nie Pierre Spies nie die Springbok-agtsteman moet wees.

“Dis lekker om te sien hoe twee puik sportmanne mekaar die stryd aansê en in die lynstane meeding,” het Coetzee gesê toe hy oor die Bekker-Matfield-tweestryd gevra is.

“Die spel gaan egter nie oor individue nie. Vir ons gaan dit oor die Stormers en die span.” 

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24

Lees meer oor: super rugby  |  bulls  |  stormers

Lewer kommentaar op hierdie artikel
14 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

Erich sê... As die bytbewering waar is, is dit nie meer snaaks nie. Die man moes die gewoonte op 2 jarige ouderdom al afgeleer het. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX AT MY04
2005
R 135,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY09 AT
2009
R 277,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.