Super Rugby

Stropers teiken Loftus

2011-02-10 07:22
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Coetzee soek nie meer oorsese losvoorspeler
Coetzee soek nie meer oorsese losvoorspeler

Allister Coetzee, wat uit verskeie oorde gekritiseer is oor Jebb Sinclair se insluiting, het sy soektog na 'n oorsese losvoorspeler laat vaar.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Pretoria - Die Bulls veg nie net vanaf volgende week om sy titel as die beste span in Super Rugby te behou nie, ván die veld af word ook nou groot jag gemaak op die span se senior spelers.

Die suksesse van die Bulls in Super Rugby en die senioriteit van sy kerngroep beteken dat verskeie spelers wie se kontrakte vanjaar ten einde loop, deur groot bedrae geld gelok word om hulle rugby volgende seisoen elders te speel.

Berigte dat die Lions Bakkies Botha in hulle span wil hê is geen verrassing nie en nog Bulls-spelers kan in die komende maande met groot bedrae geld suid van die Jukskei gelok word.

Botha het aangedui dat hy aan die einde van die seisoen saam met sy slotmaat, Victor Matfield, gaan uittree, terwyl inligting in Sport24 se besit daarop dui dat Danie Rossouw op pad Japan toe is.

Rossouw gaan na verwagting vir Suntory Sungoliath uitdraf, dieselfde span waaraan Fourie du Preez hom reeds verbind het.

Die afrigter van dié span, Eddie Jones, was verlede week in Suid-Afrika om kontrakte met Du Preez en Rossouw te finaliseer.

Du Preez het reeds verlede seisoen aangekondig dat hy vir drie jaar in Japan gaan speel en Rossouw se naam is toe reeds ook met Suntory verbind.

Jones se besoek was dus nie toevallig nie.

Volgens Sport24 se Franse bronne maak Toulouse ogies vir Gurthrö Steenkamp en Gary Botha. Onderhandelinge met dié twee spelers is al ver gevorderd, terwyl Wynand Olivier ook deur ’n paar klubs in Frank­ryk genader is.

Olivier se onderhandelinge met Bayonne in 2007 het tóé doodgeloop, maar is glo weer hervat.

Ander Bulls-spelers wie se kontrakte aan die einde van die jaar verstryk, is Deon Stegmann, Jaco Pretorius en Gerhard van den Heever.

Pretorius en Stegmann het reeds aangedui dat hulle wil aanbly, terwyl die Aussies voelers na Van den Heever uitgesteek het om sy rugbyloopbaan Doer Onder te gaan voortsit.

Die Blou Bulle Maatskappy se Hoë Prestasiebestuurder, Ian Schwartz, het by navraag gesê daar is baie aanbiedinge wat tans gemaak word.

“Die BBM het die keuse om aggressief te werf óf om aggressief sy strukture te ondersteun. Laasgenoemde het in die verlede goeie resultate vir ons opgelewer, maar ons het nog nooit geskroom om buite daardie strukture te gaan soek as daar ’n leemte ontstaan nie.”

Die BBM het ook reeds pro-aktief opgetree en in sekere posisies sy diepte aangevul.

So sal Flip van der Merwe, Juandré Kruger en Fudge Mabeta by Botha, Matfield en Rossouw kan oorneem.

Francois Hougaard sal ook Du Preez se skoene vol staan en Dean Greyling en Chiliboy Ralepelle kan Steenkamp en Botha vervang.

Stefan Watermeyer kan op sy beurt opskuif as Olivier wel meer lus is vir Jambon de Bayonne as vir biltong.

Schwartz wys daarop dat hulle nie sommer onverhoeds betrap sal word nie, vanweë die eerlikheid van hul spelers.

“Die spelers wat elders wil gaan speel, het reeds met ons daaroor kom praat, so ons is bewus van ander onderhandelinge benewens ons eie.”

Die losvoorspelers Derick Kuün en Gerrit-Jan van Velze se kontrakte verstryk ook einde vanjaar en albei spelers sal na verwagting aanbiedinge van elders kry.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Lees meer oor: lions  |  super rugby  |  bulls  |  rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
26 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

Tony sê... @roelf.campher en CarlikBait Ten minste het my Stormers nog nooit verloor teen die Kings soos 'n sekere ander span nie!!!!!!!!!!! Goodbye you 2 are the weakest links. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Nippy. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Applications Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

SQL Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

BI Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY02
2005
R 119,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.6 Std 5-dr
2001
R 71,400.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.