Super Rugby

Stormers wil op regte pad begin

2011-01-28 08:18
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Coetzee soek nie meer oorsese losvoorspeler
Coetzee soek nie meer oorsese losvoorspeler

Allister Coetzee, wat uit verskeie oorde gekritiseer is oor Jebb Sinclair se insluiting, het sy soektog na 'n oorsese losvoorspeler laat vaar.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Kaapstad - ’n Goeie rugbyseisoen vir die Stormers het verlede jaar met klinkende seges in die Neo Africa-reeks afgeskop, en vanaand se stryd teen die Lions op Nuweland bied die ideale kans vir vroeë wenmomentum.

“Jy wil elke wedstryd wen, ongeag wat op die spel is. Verlede jaar het ons momentum in hierdie reeks gebou. Dit gee jou die versekering dat jy op die regte pad is,” het die Stormers se kaptein, Schalk Burger, uitgestippel wat vanaand en in volgende Saterdag se wedstryd teen die Sharks op die spel is.

“Verlede jaar was relatief suksesvol en ons het twee eindstryde gehaal, maar daarmee saam het die hartseer van die nederlae gekom.

“Die groot fokus is om nou daardie babelas van verlede jaar af te skud en die nuwe seisoen goed te begin.”

Die wedstryd is ook ’n kleedrepetisie vir die Stormers se eerste Super Rugbywedstryd – teen die Lions op 26 Februarie.

Hoewel die Kapenaars verlede jaar teen die Western Force en Sharks verloor het nadat hulle dié spanne in die Neo Africa-reeks kafgedraf het, behoort ’n sege ’n welkome sielkundige hupstoot te bied.

Intussen het die Stormers luidens hul webtuiste ook besluit om in CJ van der Linde se afwesigheid eerder maar met Wicus Blaauw as die tiener-loskopstut Steven Kitshoff te begin. Laasgenoemde is op die plaasvervangersbank en sal wel opgestuur word.

Van der Linde, die losskakel Peter Grant en die buitesenter Jaque Fourie is die enigste groot name van die Stormers wat nie beskikbaar is nie.

Diegene wat Nuweland toe kom, kan dus onder meer sien hoe Andries Bekker vir die Stormers terugkeer, hoe Jean de Villiers en Juan de Jongh in die middelveld kombineer en hoe Bryan Habana sy eerste tree gee om sy beste spelpeil in ’n Wêreldbeker-jaar te herwin.

Dit kan moontlik ook ’n blik op die Stormers se benadering vir die nuwe seisoen bied. Verlede jaar was die Kaapse span die beste op die verdediging in die Super14-reeks en dit kan hom dalk net aanmoedig om vanjaar die krane op die aanval met groter oorgawe oop te draai.

Wat die teenstanders betref, kan ’n mens die Lions vir ’n verandering die kompliment gee dat jy hulle nie sommer op Nuweland sal afskryf nie.

’n Mens lees deesdae selfs dat na hulle as die “Manchester City” van SA rugby verwys word, maar al wat hul inkopies nog opgelewer het, is ander spanne se reserwes. Tog moet jy selfs vir West Ham United enige gegewe naweek ernstig opneem en die Lions behoort onder John Mitchell se bekwame afrigting veel beter as in 2010 se rampspoedige veldtog te vaar.

Dat hulle oorgehaal sal wees om die gety te draai, is sekerlik. Só, wen en verloor is vanaand nie die alfa en omega nie, maar in professionele sport bly dit nietemin die belangrikste maatstaf.

Die spanne is:


Stormers: Conrad Jantjes, Gio Aplon, Juan de Jongh, Jean de Villiers, Bryan Habana, Gary van Aswegen, Ricky Ja­nuarie, Duane Vermeulen, Rynhardt Elstadt, Schalk Burger (k), Andries Bekker, De Kock Steenkamp, Brok Harris, Tiaan Liebenberg, Wicus Blaauw.

PLAASVERVANGERS: Siyabonga Ntubeni, Steven Kitshoff, Frans Malherbe, Wimpie van der Walt, Quinn Roux, Pieter Louw, Siya Kolisi, Louis Schreuder, Elgar Watts, Johann Sadie, Tim Whitehead, JJ Engelbrecht, Danie Poolman.

Lions: Michael Killian, Deon van Rensburg, Waylon Murray, Jaco Taute, Lionel Mapoe, André Pretorius, Rory Kockott, Warren Whiteley, Josh Strauss, Derick Minnie, Franco van der Merwe (k), George Earle, Kevin Buys, Bandise Maku, JC Janse van Rensburg.

PLAASVERVANGERS: Martin Bezuidenhout, Jacobie Adriaanse, Wikus van Heerden, Cobus Grobbelaar, Jano Vermaak, Jannie Boshoff, Burton Francis, Edgar Marutlulle, Ross Geldenhuys, David Bulbring, Dries van Schalkwyk, Joubert Engelbrecht, Tonderai Chavhanga.

Skeidsregter: Jonathan Kaplan.

Afskop: 19:00.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24

Lees meer oor: rugby  |  lions  |  stormers  |  super rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

LouisdB sê... Ag die ou gesanik oor plaaslike spelers vs die wat oorsee speel maak my lam, kry die beste spelers om die toernooi te wen, al kom hulle van ysland! Ons leef in professionele era en ons verwag die spelers moet profesioneel wees maar ons ondersteuners is tog so verkramp! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Nippy. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R500000

Senior C# Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R500000

Management Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY02
2005
R 119,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.6 Std 5-dr
2001
R 71,400.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.