Stormers staal hulle dalk só
2010-05-26 09:00
In-diepte Verslae
Die Western Force was te sterk teen die Lions tydens hul Vodacom Super-rugbywedstryd by die NIB-stadion in Perth.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Kaapstad – Die Stormers sal dalk vandag twee stutte op hul plaasvervangersbank kies vir Saterdag se Super14-eindstryd teen die Bulls in Soweto.
Matt Proudfoot, voorspeler-afrigter van die Kaapse streekrugbyspan, het gisteraand aan Sport24 bevestig dat daar ’n sterk moontlikheid is dat JC Kritzinger beskikbaar sal wees.“Sy kanse lyk goed en hy het ons volle oefening voltooi.
Ons kan dalk besluit om twee stutte te kies en ’n indeling van vyf voorspelers en twee agterspelers op die plaasvervangersbank hê.
“Ons sal Woensdagoggend daardie besluit neem sodra ons weet hoe JC se liggaam op vandag (gister) se oefening reageer het.”
Die Stormers sal dus heel moontlik die Argentynse stut Eusebio Guinazu uit hul groep laat en Kritzinger en JD Moller saam as plaasvervangers kies.
Dit sal vir hulle ’n vaskop- en loskop-keuse op die bank gee.
Sou die Stormers se afrigter, Allister Coetzee, so besluit, sal dit interessant wees om te sien watter agterspeler hy weglaat.
Ricky Januarie, Willem de Waal en Tim Whitehead was verlede naweek op die plaasvervangersbank.
Die Bulls het gister weer vyf voorspelers op hul bank gekies, hoewel twee – Derick Kuün en Pedrie Wannenburg – losvoorspelers is.
“Bandise Maku is een van die sterkte skrumhakers in die land en dan stuur hulle gewoonlik ook ’n nr.?4-slot en twee losvoorspelers op as plaasvervangers. Dis byna ’n nuwe pak wat in die laaste halfuur speel,” sê Proudfoot.
As die Westelike Provinsie en Stormers se spel die afgelope jaar as maatstaf geneem word, is dit duidelik dat die Kapenaars hul man fisiek sal kan staan.
Die WP het verlede jaar ’n puik oorstootdrie teen die Blou Bulle in die Curriebeker-reeks gedruk.
Nie een van die spanne was toe op volle sterkte nie en die Bulls is ook sedertdien deur Gary Botha se terugkeer as haker versterk.
Proudfoot glo die vernaamste verskil in die Bulls se skrums vanjaar is tegnies van aard.
“Hul voorspeler-afrigter, Johann van Graan, het ’n tegniese agtergrond. Die kwessie is seker met senior spelers bespreek. Daar is beslis ’n tegniese verandering te bespeur.
“Gary sou ook fokus na hul pak gebring het.”
– Sport24
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.