Stormers slaag karaktertoets teen Blues
2011-05-20 11:42
In-diepte Verslae
Die Western Force was te sterk teen die Lions tydens hul Vodacom Super-rugbywedstryd by die NIB-stadion in Perth.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Kaapstad - Die Stormers het ten spyte van 'n rits beserings, en met 'n skrumskakel wat die skopwerk moes doen, die Blues Vrydag op Eden Park met 28-26 geklop.
Vanaf die afskop het die Blues geweldige druk op die besoekers geplaas. En alhoewel die Stormers meer besit en gebiedsvoordeel geniet het, kon hulle dit net nie in punte omskep nie.
Die Kapenaars se plaasvervanger-losskakel Lionel Cronjé is vroeg in die eerste helfte beseer en Dewaldt Duvenage is van die bank geroep om die nr.10-posisie op te neem.
Om sake te vererger is die losvoorspeler Francois Louw boonop met 'n geelkaart van die veld gestuur.
Die rustydtelling was 19-3 in die guns van die Blues.
In die tweede helfte het die wiel gedraai.
Na Juan de Jongh en Johan Sadie, onderskeidelik in die 58ste en 61ste min gedruk het, was die Kapenaars skielik met slegs een punt (18-19) agter.
Maar die Blues het vinnig teruggeslaan met 'n drie deur die heelagter Lachie Munro.
Kaptein Schalk Burger se oorval-drie in die 79ste minuut het die telling gelykop (26-26) gemaak.
Duvenage was suksesvol met die verdoeling om die Stormers te laat seëvier.
Puntemakers:
Blues:
Drieë: Alby Mathewson, Lachie Munro Doelskoppe: Luke McCallister (2) Strafskoppe: Luke McCallister (4)
Stormers:
Drieë: Juan de Jongh, Johan Sadie, Schalk Burger Doelskoppe: Dewaldt Duvenage (2) Strafskoppe: Lionel Cronjé (1), Dewaldt Duvenage (2)
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- Sport24