Stormers onveranderd vir halfeindstryd
2010-05-19 22:28
In-diepte Verslae
Die Western Force was te sterk teen die Lions tydens hul Vodacom Super-rugbywedstryd by die NIB-stadion in Perth.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Kaapstad - Die Stormers en die Nieu-Suid-Wallis Waratahs se spanne vir die Super14-halfeindstryd die naweek bly onveranderd.
Stormers-breier, Allister Coetzee, het Woensdag aangekondig dat hy die span, wat die Bulls 38-10 gewen het, onveranderd gaan hou vir Saterdag se wedstryd op Nuweland.
"In die stadium van die kompetisie soek jy kontinuïteit in die spankeuse," het Coetzee gesê.
"Ons het die meerderheid van ons groep saamgehou en regtig as 'n eenheid gegroei, daar was baie nederlae, maar as 'n groep het ons daarby geleer."
Die Waratahs, wat in Durban voorberei vir dié wedstryd, het die span behou wat die Hurricanes in die laaste ronde van die groepwedstryde gewen het.
Die Waratahs sal Vrydag na Kaapstad vlieg.
Die Stormers het 27-6 gewen toe die spanne in Februarie in Kaapstad gespeel het.
Die spanne is:
Stormers:
Joe Pietersen, Gio Aplon, Jaque Fourie, Juan de Jongh, Bryan Habana, Peter Grant, Dewaldt Duvenage, Wicus Blaauw, Tiaan Liebenberg, Brok Harris, Adriaan Fondse, Andries Bekker, Schalk Burger (kaptein), Francois Louw, Duane Vermeulen.
Plaasvervangers: Deon Fourie, Eusebio Guinazu, Anton Van Zyl, Pieter Louw, Ricky Januarie, Willem De Waal, Tim Whitehead.
Waratahs:
Kurtley Beale, Lachie Turner, Rob Horne, Tom Carter, Drew Mitchell, Berrick Barnes, Luke Burgess; Dan Palmer, Tatafu Polota-Nau, Al Baxter, Dean Mumm, Kane Douglas, Patrick McCutcheon, Phil Waugh (kaptein), Ben Mowen.
Plaasvervangers: Damien Fitzpatrick, Jeremy Tilse, Chris Thomson, Dave Dennis, Josh Holmes, Daniel Halangahu, Rory Sidey.
– Sapa-AP
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.