Super Rugby

Stormers onseker oor seer Grant

2011-04-21 07:01
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Force wen Lions in Perth
Force wen Lions in Perth

Die Western Force was te sterk teen die Lions tydens hul Vodacom Super-rugbywedstryd by die NIB-stadion in Perth.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Kaapstad – Lionel Cronjé kan straks volgende Saterdag nog vir die Stormers die fort op losskakel hou in hul Super Rugbywedstryd teen die Sharks op Nuweland.

Robbie Fleck, agterlynslyper van die Kaapse streekspan, het Woensdag aan Sport24 gesê dat Peter Grant nog nie ten volle van sy kniebesering herstel het nie.

“Bash sukkel nog ’n bietjie en sy knie is effe geswolle. Hopelik sal hy vir ons teen die Sharks kan speel, maar ons wil hom nie te hard druk nie,” het Fleck gesê.

“As hy nie kan speel nie, sal ons gelukkig wees om vir Lionel in te span.”

Fleck meen Grant se kanse is “vyftig-vyftig” om teen die Sharks te speel. Jean de Villiers (senter) en Bryan Habana (vleuel) het wel vandeesweek geoefen en behoort beskikbaar te wees.

Die Stormers het intussen Kurt Coleman van die Westelike Provinsie se Vodacombeker-span ontbied en hy kan moontlik onder die plaasvervangers tel.

“Kurt is soortgelyk aan Gary van Aswegen. Sy aangeewerk en taktiese skopwerk is goed,” het Fleck gesê.

Cronjé is verlede Saterdag in die 13de minuut teen die Lions opgestuur toe Van Aswegen ’n knieligament geskeur het.

“Ek dink Lionel het skaflik gevaar. Dit was moeilik vir hom, gegewe dat hy nie saam met die span geoefen het nie. Hy het goeie keuses uitgeoefen en ek het gehou van die manier waarop hy soms die voordeellyn aangeval en ruimte geskep het,” het Fleck gesê.

Dit sal nietemin opnuut ’n groot toets vir die Stormers se diepte wees as hulle Cronjé en Coleman inspan.

Cronjé is die derde keuse op losskakel en Coleman effektief die vyfde keuse omdat Sam Lane vroeër in die WP se Vodacombeker-veldtog ’n ernstige kniebesering opgedoen het.

Die Sharks behoort op hul beurt die Springbok-agterspeler Patrick Lambie beskikbaar te hê.

Jacques-Louis Potgieter het in die laaste kragmeting met die Stormers vir die Sharks in Lambie se afwesigheid waargeneem.

Fleck verwag Lambie se beskikbaarheid sal vir die Sharks baie beteken.

“Hulle is ’n beter span met Lambie. Hy is ’n speler van gehalte wat beheer neem. Dit gaan nie dieselfde Sharks-span wees wat in Durban teen ons gespeel het nie. Hulle gaan wraak soek.”

Met die Stormers slegs vier punte voor die Sharks op die Suid-Afrikaanse puntelys, kan die belangrikheid van hierdie derby nie oorbeklemtoon word nie.
 
Sport24

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX AT MY04
2005
R 135,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY09 AT
2009
R 277,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.