Super Rugby

Stormers ‘nou wyser’

2010-05-21 09:05
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Force wen Lions in Perth
Force wen Lions in Perth

Die Western Force was te sterk teen die Lions tydens hul Vodacom Super-rugbywedstryd by die NIB-stadion in Perth.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Stephen Nell

Kaapstad - Die Stormers wil die lesse wat in verlede jaar se verlore Curriebeker-halfeindstryd teen die Blou Bulle geleer is in Saterdag se Super14-kragmeting met die Waratahs op Nuweland toepas.

Terwyl baie ondersteuners die Fidjiaanse vleuel Sireli Naqelevuki nou nog verkwalik vir die Westelike Provinsie se nederlaag van 19-21, glo die Kapenaars hul swak begin was grootliks te blameer.

“Die groot ding is om uit daardie wedstryd te leer, want dis deel van dié span se geskiedenis. Ons het onsself in die eerste 20 minute in die voet geskiet,” het die Stormers se voorspeler-afrigter, Matthew Proudfoot, gesê.

Die Bulle was ná slegs 19 minute met 12-0 voor.

“Ons was oorgretig en onakkuraat. Ons het moeilike dinge probeer eerder as om net dieselfde ding as vantevore met beter uitvoering as vantevore te doen,” sê Proudfoot.

“Elke keer wanneer hierdie span konstruktiewe rugby speel en sy patroon afdwing, gaan dit goed.

“Dis belangrik dat ons so gou moontlik ons voete vind in die wedstryd teen die Waratahs. Ons kon dit nie onlangs teen die Sharks doen nie en die uiteinde was dat ons nie aanvallende kanse in die eerste helfte gehad het nie.”

Die ander les wat die Stormers uit die onlangse verlede neem, is wat hulle teen Australiese spanne geleer het.

“Ons het geleer dat die Aussies goeie stelsels in plek het om jou fisieke benadering teen te werk.

“Ons moet vertroud raak met daardie stelsels en kan nie toelaat dat ons daardeur geklop word nie,” het Proudfoot gesê.

Die Stormers het vanjaar teen die Brumbies, Reds én Western Force verloor.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24
 

Lees meer oor: waratahs  |  stormers  |  super14  |  rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX AT MY04
2005
R 135,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY09 AT
2009
R 277,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.