Super Rugby

Stormers mik na goud

2010-05-24 12:15
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Force wen Lions in Perth
Force wen Lions in Perth

Die Western Force was te sterk teen die Lions tydens hul Vodacom Super-rugbywedstryd by die NIB-stadion in Perth.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Stephen Nell

Kaapstad. - Die Stormers is reg om nog geskiedenis te maak en Suid-Afrikaanse rugby se magsbalans Saterdag in die Orlando-stadion in Soweto te versteur.

Allister Coetzee, afrigter van die Kaapse streekspan, het Saterdagaand ná sy span se sege van 25-6 oor die Waratahs op Nuweland in geen onduidelike terme die doelwit vir die naweek teen die Bulls uitgestippel.

“Sommige atlete is gelukkig om net aan die Olimpiese Spele te kan deelneem, maar ander, soos Usain Bolt, wil goue medaljes wen en rekords verbeter,” sê Coetzee.

“Die Stormers het baie respek vir die Bulls. Hulle is die beste span in die Suidelike Halfrond, maar ons gaan nie eindstryd toe net om die wedstryd te voltooi nie. Ons gaan seker maak dat ons goed voorbereid is en voluit daarvoor gaan.”

Suid-Afrikaanse rugbygeesdriftiges kry Saterdag eindelik die liplekker Noord-Suid-stryd wat aanvanklik in die spanne se laaste ligawedstryd – op 15 Mei – verwag is. Die Bulls was toe in ’n onaanvegbare posisie bo-aan die Super14-puntelys en het die geleentheid gebruik om hul beste spelers te laat rus. Hul gemaklike oorwinning van 39-24 oor die Crusaders het toe gewys dit was die regte besluit.

Die Stormers was ewe indrukwekkend met hul kliniese oorwinning oor die Waratahs om die eerste keer in hul geskiedenis die eindstryd te haal. Nou is daar net een wedstryd oor om te bepaal wie die beste van die bestes is.

“Dié span het geweldig baie karakter. Jy meet ’n span se toewyding en karakter aan sy verdediging en om twee keer in ’n seisoen te verhoed dat die Waratahs teen ons ’n drie druk, is voortreflik. Die span se werkverrigting en die fisieke intensiteit is baie goeie eienskappe,” sê Coetzee.

Die Stormers-breier glo die stryd teen die Bulls gaan ’n “reuse-geleentheid” vir Suid-Afrikaanse rugby wees.

“Met alle respek aan die Kiwi’s en die Aussies, ons het nou die oorheersende spanne in Super14 en rugby in die algemeen. Ons durf nie hierdie kans deur ons vingers laat glip nie,” sê Coetzee.

“Die Bulls het al in vele halfeindstryde en eindstryde gespeel en het die pas in die reeks aangegee. Hulle het seker die mees ervare span in die kompetisie.

“Jy hoef net na hul strukture te kyk en hoe hulle teenstanders oorheers. Maar ons kom nou ook op daardie punt met ons eie strukture. Ons skop en verdedig goed, die vaste fasette werk en met die bal in die hand is daar ietsie spesiaal aan hoe rugby in die Kaap gespeel word.”

Laasgenoemde is ’n punt wat Juan de Jongh met sy pragdrie teen die Waratahs bewys het.

Dié Springbok-senter het met puik voetwerk deur die Aussies se verdediging gesny vir ’n verdoelde drie in die 25ste minuut wat deurslaggewend was.

“Juan het goed gespeel, maar die toets is Saterdag teen Wynand Olivier, wat Suid-Afrika se nr.12-trui dra,” sê Coetzee.

De Jongh teen Olivier is een van verskeie heerlike tweestryde wat verwag word.

Andries Bekker en Victor Matfield sal mekaar eindelik in die lynstane die stryd aansê, terwyl Duane Vermeulen ook die kans kry om sy slag teen die Bok-agtsteman Pierre Spies te wys.

Met Gerhard van den Heever op pad terug nadat hy sy skorsing uitgedien het, sal hy en Bryan Habana sake ook op vleuel uitspook.

Die Stormers sal op vol sterkte wees, met die stut JC Kritzinger wat moontlik in aanmerking sal kom vir ’n plek in die groep van 22. Hy was weens ’n kuitbesering die laaste paar weke op die krukkelys.

- Sport24.com

- Die Burger

Lees meer oor: super14  |  rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
15 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX AT MY04
2005
R 135,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY09 AT
2009
R 277,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.