Stormers kondig Super-groep aan
2013-01-11 14:29
In-diepte Verslae
Die heelagter SP Marais is in die beginspan gekies vir die Kings se Super-wedstryd teen die Cheetahs in Port Elizabeth.
Die Cheetahs se afrigter, Naka Drotské, het die versoeking weerstaan om Heinrich Brüssow in die 15-tal te kies vir die stryd teen die Higlanders.
Kaapstad – Allister Coetzee, afrigter van die Stormers, het Vrydag ‘n groep van 36 spelers aangekondig wat volgende week aan ‘n oefenkamp in Hermanus sal deelneem ter voorbereiding vir vanjaar se Superrugby-reeks.
Die Springbokke Gio Aplon, Andries Bekker, Schalk Burger, Deon Carstens, Jean de Villiers, Juan de Jongh, Eben Etzebeth, Bryan Habana, Tiaan Liebenberg en Duane Vermeulen is almal in die groep ingesluit, tesame met Ruan Botha (slot), Patric Cilliers (stut), Elton Jantjies (loskakel) en Jaco Taute (heelagter), het 'n verklaring op die Stormers se webtuiste gelui.
Drie spelers, JP du Plessis, Scarra Ntubeni en Gary van Aswegen, is nie oorweeg nie as gevolg van beserings.
Die loskakel Peter Grant is ook nog in Japan en sal hom later by die span aansluit.
Die Stormers se oefengroep lyk so:
Gio Aplon
Ederies Arendse
Don Armand
Andries Bekker
Ruan Botha
Schalk Burger
Nizaam Carr
Deon Carstens
Patric Cilliers
Kurt Coleman
Damian de Allende
Jean de Villiers
Juan de Jongh
Dewaldt Duvenage
Rynhardt Elstadt
Eben Etzebeth
Deon Fourie
Nic Groom
Bryan Habana
Brok Harris
Pat Howard
Elton Jantjies
Steven Kitshoff
Berton Klaasen
Siya Kolisi
Tiaan Liebenberg
Frans Malherbe
Sikumbuzo (Skuna) Notshe
Joe Pietersen
Michael Rhodes
Louis Schreuder
De Kock Steenkamp
Tim Swiel
Jaco Taute
Gerhard van den Heever
Duane Vermeulen
– Volg Nuus24Sport op Twitter