Super Rugby

Stormers klop Cheetahs in Bloem

2011-06-18 20:52
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Force wen Lions in Perth
Force wen Lions in Perth

Die Western Force het die Lions tydens hul Super-rugbywedstryd by die NIB-stadion in Perth geklop.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Bloemfontein – Die DHL Stormers het die Toyota Cheetahs Saterdagaand voor hulle tuisskare in Bloemfontein met 'n telling van 44-34 geklop.

Die Stormers het teen halftyd met 19-13 voorgeloop.

Die Stormers se oorwinning maak hulle nie net Suid-Afrika se toppresteerder in die Super Rugby-reeks nie, maar het ook vir hulle 'n direkte plek in die kwarteindronde besorg, omdat hulle nou tweede op die algehele punteleer is.

Adriaan Strauss, kaptein van die Cheetahs, het ná die wedstryd te kenne gegee dat hy teleurgesteld is, maar hy het ook die positiewe aspekte van sy span se vertoning raakgesien.

"Ek dink daar is baie positiewes om uit hierdie seisoen te neem. Ek dink baie van die jonger spelers het goed gedoen, en dis beslis iets om op te bou vir volgende jaar. Maar ons is steeds baie teleurgesteld," het Strauss gesê.

Schalk Burger, kaptein van die wenspan, was vol lof vir sy teenstanders.

"Hulle het goed aangeval, en daar was lekker baie drieë gewees," het Burger erken.

Burger het voorts gesê hy en sy span sien daarna uit om in die komende week te rus voor hulle die volgende groot uitdaging takel.

"Ek dink eers gaan ons braai, en miskien 'n bier drink. Ons gaan rus, en dan gaan ons begin voorberei, al weet ons nog nie eintlik teen wie ons volgende speel nie."

Die Stormers se Peter Grant is as speler van die wedstryd aangewys.

"Nommer tien was die hele seisoen 'n moeilike nommer om mee te speel vir die Stormers, maar vanaand was dit goed gewees," het Grant gesê.

Puntemakers

Cheetahs

Drieë: Davon Raubenheimer, Rayno Benjamin (3)

Doelskoppe: Sias Ebersohn (4)

Strafskoppe: Sias Ebersohn (2)

Stormers

Drieë: Gio Aplon, Juan De Jongh, Nick Koster, Bryan Habana

Doelskoppe: Peter Grant (3)

Strafskoppe: Peter Grant (6)

– Volg Nuus24Sport op Twitter.

- Nuus24

Lees meer oor: cheetahs  |  stormers  |  rugby  |  super rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
54 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX AT MY04
2005
R 135,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY09 AT
2009
R 277,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.