Super Rugby

Stormers kies straks jeug bo ervaring

2011-02-16 07:46
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Force wen Lions in Perth
Force wen Lions in Perth

Die Western Force het die Lions tydens hul Super-rugbywedstryd by die NIB-stadion in Perth geklop.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Kaapstad - Die 19-jarige stutte Steven Kitshoff en Frans Malherbe sal straks ten koste van meer ervare spelers deel van die Stormers se planne vir hul eerste Super Rugby-wedstryd – teen die Lions op 26 Februarie – wees.

Wicus Blaauw, JC Kritzinger en JD Moller was Dinsdag almal in die Westelike Provinsie se Vodacombeker-groep wat ’n afrigtingskliniek in die Bo-Kaap gehou het.

Kritzinger het pas van ’n kniebesering herstel en die verwagting is dat hy as veelsydige stut-opsie deur die Stormers nader getrek sal word sodra hy weer wedstrydfiks is.

Intussen sal dit as geen verrassing kom indien die Stormers Kitshoff of Malherbe as plaasvervanger teen die Lions op Nuweland inspan nie.

Kitshoff sal in daardie geval seker as loskopstut die gunsteling wees, want die verwagting is dat die Stormers met Brok Harris as vaskop en CJ van der Linde as loskop sal begin.

Laasgenoemde het ervaring van vaskop op toetsvlak en kan maklik oorskuif indien dit nodig raak.

Die Stormers se voorspeler-afrigter, Matt Proudfoot, het egter Dinsdag gesê dat daar nog nie ’n finale besluit oor die stutte vir die wedstryd teen die Lions geneem is nie. Blaauw se teenwoordigheid in die WP se groep beteken dus nie dat hy in onguns by die Stormers verval het nie.

“Wicus is ’n goeie speler en JC maak sy terugkeer van ’n besering. Daar is realisties ses stutte wat vir die Stormers kan speel,” het Proudfoot gesê.

Hy verwys waarskynlik na Van der Linde, Harris, Kritzinger, Blaauw, Kitshoff en Malherbe.

Die WP se veldtog in die Vodacombeker begin ook op 26 Februarie – in ’n voorwedstryd op Nuweland teen die Leeus. Dit sal dus interessant wees om te sien hoe die stutte om die beurt by die Stormers en Streeptruie aangewend word. Daar sal vanjaar ook noue samewerking tussen die Stormers en WP se afrigters wees.

“Dis nog vroeg en ons het nog nie ’n finale besluit oor spankeuses geneem nie. Daar kan nog ’n paar verwikkelinge wees. Ons sal ook die Lions­ se wedstryd teen die Bulls – Saterdag – ontleed voor ons ’n span kies,” het Proudfoot gesê.

Terwyl die etlike stut-opsies verblydend is, is die situasie op haker ná Tiaan Liebenberg se kniebesering ’n bietjie benard. Deon Fourie is nou die eerste keuse, maar die vraag is of die Stormers met Siyabonga Ntubeni as sy adjudant kan waag.

“Ons het dit vandag lank bespreek en voel Callie Visagie (Maties se kaptein) is in die provinsie. Ons kyk ook na wat buite die WP beskikbaar is,” het Proudfoot gesê.

Visagie het egter akademiese verpligtinge en het daarom nie vir vanjaar ’n kontrak met die WP gesluit nie.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Lees meer oor: stormers  |  super rugby  |  lions  |  beserings

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX AT MY04
2005
R 135,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY09 AT
2009
R 277,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.