Super Rugby

Stormers is lou

2011-02-06 06:53
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Coetzee soek nie meer oorsese losvoorspeler
Coetzee soek nie meer oorsese losvoorspeler

Allister Coetzee, wat uit verskeie oorde gekritiseer is oor Jebb Sinclair se insluiting, het sy soektog na 'n oorsese losvoorspeler laat vaar.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Kaapstad - Die voorseisoense rugby in die sogenaamde Neo Africa-reeks was niks indien nie voorspelbaar nie: die span in die wit truie was baas. Dat al drie betrokke spanne al die wedstryde in oorwegend wit truie gespeel het, behoort die organiseerders sweerlik al agt dae tevore gekwel het, maar watwo.

Gasvryheid is, helaas, lank nie meer ’n Nuwelandse waarde nie.

As Suid-Afrikaanse rugby die dag so goed geadministreer word as wat dit gespeel word, stuit ons sweerlik nie vir die duiwel nie!

Dinsdagaand kon jy Sharks en ­Lions aan hul broekies en nommers onderskei; Saterdag het die Stormers net van voor af anders gelyk as die Sharks, wat dié keer tande gehad het, maar in die laaste 20 minute uitgesak het om die spit in die doodsnikke met 17-16 af te byt.

Dit was ’n veel beter poging deur die Sharks, wat voorlangs ingeklim en die Stormers merendeels op die agtervoet kon hou. Daar was gevolglik meer ruimte agterlangs vir die KZN-span, wat dikwels ewe gevaarlik met die bal gelyk het as hul flambojanter, hoër aangeskrewe eweknieë.

Hier en daar het iemand wenkbroue gelig toe die Sharks vir Meyer Bosman aangeskaf het, maar dit was kortsigtige kykers onder daai wenkbroue. Bosman was dalk effens wisselvallig by die Cheetahs nadat sy loopbaan in turbo afgeskop het, maar by die Sharks is hy dalk ’n vermiste skakel.

Waar die Haaie tot onlangs hul middelveld laat konsentreer het op losballe en verdediging, is Bosman dalk net die doepa. Hy staan vanself lekker vlak en kan onderskei wanneer om uit te gee en wanneer om vas te maak, wat hy albei goed doen. En sy verdediging het die Stormers-angel deeglik in die bek geruk.

Sy puik kombinasie met Lwazi Mvovo het hom agter die doellyn sien kuier met goeie opvolgwerk ná ’n beweging wat hy self met ’n slim steekskoppie geloods het. Terloops, Mvovo lyk warm vir die seisoen – Bryan Habana sal sy sokkies moet optrek as hy sy Bok-trui binnekort wil herwin.

Met ’n omgesukkelde Bismarck du Plessis terug in die tuig en die lostrio, Jacques Botes, Willem Alberts en Ryan Kankowski, op hul (relatiewe, vroegseisoense) stukke, het die Kapenaars voorlangs gesteier en is Schalk Burger se afwesigheid erger gevoel as die viertal wat uit die Sharks-pak makeer het.

Agter die oond was Ricky Januarie erg wisselvallig, maar die jong Gary van Aswegen het nietemin weer beïndruk, ondanks die powere balbesit waaraan hy oorwegend blootgestel is. Aan sy buitekant het Gio Aplon en Juan de Jongh oomblikke gehad, maar niks wat die Sharks-verdediging oormatiglik beproef het nie.

Die Stormers se verdediging was weer netjies, maar dit sal kwel dat hul pak nogmaals nie heeltemal gemaklik gelyk het teen ’n saamgeflanste weergawe van die ene wat hom in die Curriebeker-eindstryd swaar laat leef het nie.

Die eindtelling is misleidend: die Streeptruie het 14 onbeantwoorde punte aangeteken nadat albei spanne grootskeepse veranderings aangebring het en die meeste struktuur uit die wedstryd verdwyn het.

Hoe minder struktuur, hoe meer pas dit die Kapenaars, maar dis ongelukkig nie hoe die meeste van hul wedstryde vanjaar gaan lyk nie.

Die nuwe Super-kompetisie is die helfte soos die Super14 en die helfte soos die ou Curriebeker – ’n goeie rekord teen die oorsese spanne gaan nie meer deurslaggewend wees as jou landgenote jou uitgewerk het nie. Ewenwel – op ’n dag dat regdenkende mense strand toe is, kan jy nie werklik blaam uitdeel oor slonsige rugby nie.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Lees meer oor: stormers  |  rugby  |  sharks  |  super rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

Tony sê... @roelf.campher en CarlikBait Ten minste het my Stormers nog nooit verloor teen die Kings soos 'n sekere ander span nie!!!!!!!!!!! Goodbye you 2 are the weakest links. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Nippy. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Reporting Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Senior Financial Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Group Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY02
2005
R 119,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.6 Std 5-dr
2001
R 71,400.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.