Super Rugby

Stormers hou asem op

2011-06-06 07:03
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Force wen Lions in Perth
Force wen Lions in Perth

Die Western Force het die Lions tydens hul Super-rugbywedstryd by die NIB-stadion in Perth geklop.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Kaapstad – Die fiksheid van Peter Grant, Dewaldt Duvenage en CJ van der Linde sal hoog op die Stormers-afrigter, Allister Coetzee, se sakelys wees wanneer hy Maandag weer by die Westelike Provinsie Rugbyunie se Sentrum vir Uitnemendheid in Bellville inry.

Hoewel die Stormers puik sonder dié drie vertoon het in Vrydag se wegholsege van 40-3 oor die Melbourne Rebels, kan hulle vir die Stormers waardevolle ervaring in sleutelposisies bied vir Saterdag se Super Rugbywedstryd teen die Bulls op Nuweland.

“Hulle reageer goed op behandeling, maar ons sal die spelers Maandag (vandag) evalueer en dan weet hoe sake staan,” het Coetzee oor die naweek gesê voordat die Stormers hul reistog terug Kaap toe aangepak het.

Van der Linde het in die 37ste minuut van die Stormers se wedstryd teen die Blues opnuut ’n heupbesering opgedoen.

Die stut is huis toe gestuur met die hoop dat hy betyds vir die derbywedstryde teen die Bulls en Cheetahs sal herstel.

Wicus Blaauw en Brok Harris was die stutte in die beginspan vir die kragmetings met die Brumbies en Rebels, met Steven Kitshoff en Frans Malherbe wat om die beurt as plaasvervangers ingespan is.

Dit kan egter van groot waarde wees om ’n ervare plaasvervangersbank teen die Bulls te hê, want die kam­pioenspan se reserwekrag is self ’n groot deel van sy aanslag.

Duvenage het ’n enkel- en toonbesering teen die Brumbies opgedoen, terwyl Grant sy enkel reeds in die eerste toerwedstryd – teen die Chiefs – beseer het.

Kurt Coleman het hom Vrydag baie goed van sy taak as losskakel gekwyt, maar die Stormers sal gemakliker voel teen die Bulls indien Grant op sy pos is.

Nuweland gaan stampvol en ’n drukkoker wees, en die koelkop van ’n tydbeproefde en ervare generaal is presies wat die tuisspan benodig.

Die vaardighede wat Coleman ten toon gestel het, dui ook daarop dat hy baie belofte as troefspeler sal inhou.

Dit kan seker as ’n gegewe aanvaar word dat Andries Bekker na die Stormers se beginspan sal terugkeer.

Dit behoort vandeesweek dus weer opnuut te gons oor sy tweestryd met die Bulls se kaptein en Suid-Afrika se onbetwiste lynstaankoning, Victor Matfield.

Soos gewoonlik is daar geen beter maatstaf as ’n wedstryd teen die Bulls nie. 

Sport24

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lees meer oor: rugby  |  stormers  |  super rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
52 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX AT MY04
2005
R 135,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY09 AT
2009
R 277,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.