Stormers hou Jantjies op nr.10
2013-02-27 14:08
In-diepte Verslae
Die Bok-stut Tendai "Beast" Mtwarira is terug vir die Sharks se Super-stryd teen die Bulls, nadat hy lank op die kantlyn was weens 'n besering.
Die Cheetahs se afrigter, Naka Drotské, het die versoeking weerstaan om Heinrich Brüssow in die 15-tal te kies vir die stryd teen die Higlanders.
Kaapstad – Die Stormers se breier, Allistair Coetzee, het Elton Jantjies in die nr.10-trui gehou vir die Kapenaars se Super-stryd teen die Sharks in Durban.
Afskoptyd Saterdag op Kingspark is om 19:10.
Die heelagter Joe Pietersen en stut Frans Malherbe is in die beginspan opgeneem terwyl Peter Grant op die plaasvervangerbank gekies is.
Pat Cilliers, wat laas naweek in die nr.3-trui teen die Bulls uitgedraf het, sal ook op die reserwebank diens doen.
So lyk die span:
15. Joe Pietersen, 14. Gio Aplon, 13. Jean de Villiers (kaptein), 12. Damian de Allende, 11. Bryan Habana, 10. Elton Jantjies, 9. Nic Groom, 8. Duane Vermeulen (onderkaptein), 7. Rynhardt Elstadt, 6. Siya Kolisi, 5. Andries Bekker, 4. De Kock Steenkamp, 3. Frans Malherbe, 2. Deon Fourie, 1. Steven Kitshoff
Plaasvervangers: 16. Martin Bezuidenhout, 17. Pat Cilliers, 18. Don Armand, 19. Nizaam Carr, 20. Louis Schreuder, 21. Peter Grant, 22. Gerhard van den Heever
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24