Stormers het voorsprong teen 'vlugflou' Sharks
2012-07-25 09:03
In-diepte Verslae
Dis steeds onduidelik wanneer die Springbok-heelagter Zane Kirchner tot die speelveld vir die Bulls sal kan terugkeer.
Die Cheetahs se afrigter, Naka Drotské, het die versoeking weerstaan om Heinrich Brüssow in die 15-tal te kies vir die stryd teen die Higlanders.
Kaapstad – Ross Tucker, bekende sportwetenskaplike, glo die Stormers het ‘n 8- tot 10-punt voorsprong teen die Sharks in Saterdag se Super-halfeindstryd.
Tucker, ’n sportwetenskaplike aan die Universiteit van Kaapstad (UK) se navorsingseenheid vir oefeningwetenskap en sportgeneeskunde, voorspel dat die Sharks vlugflou sal wees nadat hulle eers Australië toe moes vlieg om teen die Reds te speel, en vandeesweek na Suid-Afrika teruggekeer het.
“Die kompetisie se geskiedenis wys klaar dat tuisveld-voordeel vyf punte werd is,” het Sport24 berig.
"Met die fisiese tol wat die vlug sou eis, plus die stampe en skrape wat hulle teen die Reds opgedoen het, bespiegel ek dat die Stormers ‘n 8- tot 10-punt voorsprong kan hê.”
“Party mense word nie deur vlugflouheid geraak nie, maar as ‘n mens se slaappatroon vir vier aande in twee weke onderwrig word, gaan jy beïnvloed word,” het Tucker gesê.
John Plumtree, afrigter van die Sharks, is oortuig dat die reis-faktor nie as ‘n verskoning gebruik kan word nie.
“Ons gaan slim moet wees in ons voorbereiding vandeesweek,” het Plumtree vir die Sharks webtuiste gesê.
Indien Tucker verkeerd bewys word sal die Sharks steeds buiteperde wees om die toernooi te wen, siende dat hulle terug Nieu-Seeland toe sal moet vlieg om teen die Chiefs of die Crusaders te speel.
– Sport24
– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter