Super Rugby

Stormers gaan nie vanjaar terughou nie

2011-02-26 07:25
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Force wen Lions in Perth
Force wen Lions in Perth

Die Western Force het die Lions tydens hul Super-rugbywedstryd by die NIB-stadion in Perth geklop.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Kaapstad - As die Springbok-afrigter, Peter de Villiers, bekommerd is oor wat Suid-Afrika se rugbyspanne mekaar in vanjaar se Super Rugbyreeks gaan aandoen, is dit met goeie rede.

Die Stormers skop vanaand hul seisoen met ’n wedstryd teen die Lions af en die Kapenaars se kaptein, Schalk Burger, het belowe dat niemand hul lywe gaan spaar nie met die oog daarop om fiks te bly vir die Wêreldbeker-toernooi later vanjaar in Nieu-Seeland.

“Daar sal nie teruggehou word nie,” het Burger belowe.

“Dis vir ons ’n tuiswedstryd en die Lions sal terselfdertyd oorgehaal wees om op die wenpad te kom nadat hulle verlede week verloor het. Hulle sal dié wedstryd seker beskou as ’n keerpunt,” het Burger gesê.

Verhoogde fisieke intensiteit kan vanjaar ’n natuurlike gevolg wees van al die derbywedstryde in die toernooi. Daar sal ’n gepaardgaande risiko ten opsigte van beserings wees, maar dit sal nie spelers se motivering om in te klim negatief raak nie.

“Ons fokus tans net op Super Rugby en as jy aan die wenkant is, is dit makliker om spelers te laat rus. Jy gaan altyd beserings in ’n Wêreldbekerjaar kry en daar gaan tragiese verhale wees. Jy kan net duim vashou dat dit nie enige van jou goeie maats is nie,” het Burger voorts gesê.

Die Lions het met verlede week se terugvegpoging in die tweede helfte teen die Bulls op Coca-Colapark gewys hulle is op pad om weer ’n krag in Suid-Afrikaanse rugby te word onder die afrigterskap van John Mitchell.

Hulle het met 20-24 verloor, maar die kampioenspan was uiters verlig om die eindfluitjie te hoor. “Daardie tweede helfte het gewys dit maak nie saak hoe goed die spelers in jou span is as jy nie balbesit kry en dit beskerm nie,” het Burger bygevoeg.

“Die Lions was indrukwekkend en hulle het ons in die opwarmingswedstryd hier op Nuweland ook onder druk geplaas deur die bal vir verskeie fases te behou.” Die Stormers het daardie kragmeting in die Neo Africa-reeks met 15-0 gewen, maar albei spanne het toe maar nog litte losgemaak. Om te veel daarin te lees, sal dus ’n fout wees.

Die Stormers het verlede week ’n loslootjie gehad en is nou gretig om hul seisoen in alle erns te begin. “Die beplanning het goed verloop. Jy is altyd aan die begin ’n bietjie senuagtig, maar ek glo die spelers sal hulle goed van hul taak kwyt as ons eers aan die gang kom. Ek is baie tevrede met ons voorbereiding,” het die Kapenaars se afrigter, Allister Coetzee, gesê.

- Sport24

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX AT MY04
2005
R 135,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY09 AT
2009
R 277,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.