Super Rugby

Stormers-breier: Groentjie g’n risiko

2010-03-18 08:53
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Force wen Lions in Perth
Force wen Lions in Perth

Die Western Force het die Lions tydens hul Super-rugbywedstryd by die NIB-stadion in Perth geklop.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Stephen Nell

Kaapstad - Die Ikey-senter Tim Whitehead is Woensdag as Juan de Jongh se plaasvervanger in die Stormers se beginspan bevestig, terwyl Gio Aplon ’n verrassende terugkeer op die regtervleuel in Saterdag se Super14-rugbywedstryd teen die Cheetahs op Nuweland maak.

Dit was ’n keuse om Willem de Waal op losskakel te kies en Peter Grant in die plek van die beseerde De Jongh binnesenter toe te skuif, maar die Stormers vertrou die 21-jarige Whitehead sal sy Super14-toets met lof slaag.

“Dis tyd vir ons om vertroue in ons jong spelers te toon. Wanneer ander unies dit doen, word dit as positief gesien, maar wanneer ons dit doen, word daar skielik oor risiko’s gepraat,” het die Stormers se afrigter, Allister Coetzee gesê.

“Tim het vier wedstryde in die Varsitybeker en drie vir die Westelike Provinsie as binnesenter in die Vodacombeker-reeks gespeel. Hy het ook in ons opwarmwedstryde teen die Boland en Maties gespeel.

“Hy het ons beïndruk. Hy het die vermoë om onder druk goeie besluite te neem en goeie visie. Ons is dun op binnesenter, maar Juan sal gelukkig gou weer reg wees.”

Coetzee glo nie Whitehead sal die Stormers se hoë standaarde op die verdediging verlaag nie.

“Ek’s heel gemaklik met hom in daardie opsig. Hy het ’n groot hart.

”Die besluit om Aplon weer in die beginspan in te sluit ná Sireli Naqelevuki se goeie vertoning teen die Hurricanes, sal baie mense verbaas. Daar is egter ook verskeie goeie redes vir die skuif.

“Gio was drie weke gelede nog ons beste nr.14. Hy het griep gehad en dis net reg dat hy weer gekies word. Ek is bly Sireli het en sy selfvertroue ’n hupstoot gegee. Gio het ’n gerekende linkervoet en dis ’n goeie wapen,” sê Coetzee.

Met Aplon se insluiting kry die Stormers ook ’n inspuiting van vaart.

Dit kan hulle straks help wanneer daar teen blitse soos Jongi Nokwe en Lionel Mapoe verdedig word.

Die Stormers-span is: Joe Pietersen, Gio Aplon, Jaque Fourie, Tim Whitehead, Bryan Habana, Peter Grant, Dewaldt Duvenage, Duane Vermeulen, Francois Louw, Schalk Burger (k), Andries Bekker, Anton van Zyl, Brock Harris, Tiaan Liebenberg, Wicus Blaauw.

PLAASVERVANGERS: Deon Fourie, JC Kritzinger, De Kock Steenkamp, Pieter Louw, Ricky Januarie, Willem de Waal, Sireli Naqelevuki.  

- Sport24

Lees meer oor: super14  |  stormers

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX AT MY04
2005
R 135,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY09 AT
2009
R 277,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.