Super Rugby

Stil-stil Stormers-held

2010-05-20 08:16
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Force wen Lions in Perth
Force wen Lions in Perth

Die Western Force het die Lions tydens hul Super-rugbywedstryd by die NIB-stadion in Perth geklop.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Stephen Nell

Kaapstad – Die probleem met die Stormers, het ’n wyse man ’n klompie seisoene gelede gesê, is dat hul losskakel Bash heet en die nr.4-slot se bynaam Ghost is, terwyl ’n man dit eintlik andersom sou wou hê.

Sedertdien het die Stormers se vaste vyf hardebaard gekry en met die slotte wat deesdae meer stampe en stote uitdeel as wat hulle ontvang, het die losskakel wat as Bash bekend staan self as die ware Jakob ontluik.

Peter Grant bly ’n aanwins in die fisieke aspekte van die spel, maar daar is darem ook ’n subtiele dimensie aan die Stormers-onderkaptein se spel wat ’n mens laat glo hy gaan vanjaar ’n paar toetse speel.

“Peter is die onbesonge held in die span. Hy doen sy werk stil-stil, maar is baie doeltreffend. Sy vermoë om agterlangs te organiseer, is besonder goed,” sê die Stormers se breier, Allister Coetzee. Grant meet hom Saterdag teen die Waratahs se Wallaby-ster Berrick Barnes in die Super14-halfeindstryd hier.

Barnes is ’n puik spelskepper en as stelskopper is sy rekord vanjaar 35 uit 47 vir ’n slaagsyfer van 74%. Grant spog met 42 uit 52 (81%) en naas die Brum­bies se Matt Giteau (51 uit 61, 84%) is hy die man wat die beste pale toe korrel in 2010 se Super14-reeks.

Goeie stelskopwerk in 2009 het juis vir Morné Steyn die Springbok-deur oopgemaak.

“Die Bokke is nie iets waarop ek vanjaar al werklik gefokus het nie. Ek het al ’n proeseltjie gehad en sal graag nog wil kry,” sê Grant.

“My fokus is om goed vir die Stormers te skop. Met die span wat goed vertoon, sien ons nou hoe individue presteer.

Stelskopwerk het my al in die verlede gekelder. Ek het daaraan gewerk en dit gaan goed, maar dis in die groot wedstryde wat dit werklik gaan tel.

“Ek was ’n bietjie bekommerd toe ek vroeër vanjaar weer die skopwerk moes oorneem, want ek het nie eintlik harder as vantevore daaraan geoefen nie. In die eerste paar wedstryde het ek egter niks mis geskop nie en ek was self verbaas.”

Die Stormers se agterlyn-afrigter, Robbie Fleck, wou Grant aanvanklik vanjaar as binnesenter inspan, maar ’n vroeë besering aan Willem de Waal het die plan omvergewerp.

“Een fout verlede jaar was dat ons te veel op die verdediging ingestel was en nie genoeg punte kon kry nie. Ons het hard gewerk om die balans in ons spel reg te kry,” sê Grant.

Die Stormers en Waratahs se spanne is onveranderd behou.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Lees meer oor: stormers  |  super14

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX AT MY04
2005
R 135,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY09 AT
2009
R 277,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.