Steyn teken kontrak by Sharks
2012-05-28 21:58
In-diepte Verslae
Die Rebels het wéér vir 'n skok gesorg toe hulle die Waratahs vir die eerste keer in die geskiedenis van die Super-reeks geklop het.
Die Cheetahs se afrigter, Naka Drotské, het die versoeking weerstaan om Heinrich Brüssow in die 15-tal te kies vir die stryd teen die Higlanders.
Durban – Die veelsydige Springbok-agterspeler Frans Steyn het weer ‘n kontrak by die Sharks geteken, drie jaar nadat hy dié span verlaat het om in Europa rugby te speel, het die franchise Maandag aangekondig.
Die 25-jarige Steyn, ‘n wêreldbeker-wenner met Suid-Afrika in 2007, het ‘n kontrak van drie jaar geteken en sal op 1 Julie by sy nuwe spanmaats aansluit.
Hy het die Sharks in 2009 verlaat om vir die Franse klub Racing Metro te speel.
Steyn het meer as 50 maal vir die Sharks gespeel in verskeie posisies in die agterlyn, insluitende heelagter, losskakel en senter. Hy het ook 147 punte vir dié span aangeteken op senior vlak.
“Die huidige fokus is op diepte en die vermoë om aktief mee te ding vir elke posisie in die groep, so ons is verheug om Francois terug by ons te hê om daardie krag in ons agterlyn terug te bring, om nie te praat van sy akkurate skopskoen nie,” het Brian van Zyl, uitvoerende hoof van die Sharks, gesê.
Steyn is ‘n Springbok met 47 wedstryde agter sy naam. Hy het sy debuut in die ouderdom van 19 gemaak.
Die Sharks-afrigter, John Plumtree, was ook tevrede met die handtekening. “Dit is goed om hom terug by ons te hê en ons het hom gemis,” het hy bygevoeg.
“Hy was definitief ‘n invloedryke speler toe hy gegaan het en hy sal dit weer wees, so dit is fantasties om hom by die Sharks te hê.”
- Volg Nuus24Sport op Twitter
- SAPA