Super Rugby

Steyn het nou 1 000 Super-punte in visier

2011-02-10 09:27
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Coetzee soek nie meer oorsese losvoorspeler
Coetzee soek nie meer oorsese losvoorspeler

Allister Coetzee, wat uit verskeie oorde gekritiseer is oor Jebb Sinclair se insluiting, het sy soektog na 'n oorsese losvoorspeler laat vaar.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Pretoria - Nee, hy tel nie sy getal agtereenvolgende suksesvolle skoppe nie. Elke volgende poging word benader asof dit die eerste van ’n rugbywedstryd is.

Só sê Morné Steyn, die grootste puntemasjien die afgelope jaar of twee in Superrugby. Hy benodig vanjaar slegs 243 punte om die eerste Suid-Afrikaner te word wat 1 000 punte in dié reeks aanteken.

“Ek hoor net soms daarvan. Soos verlede jaar toe ek 41 skoppe of só iets ná mekaar oorgeskop het. Dit is beslis nie iets wat in my kop rondmaal as ek aanlê pale toe nie,” sê dié vriendelike speler van die Bulls.

Slegs twee spelers, Dan Carter (1 078) en Stirling Mortlock (1 019), het al die 1 000-kerf verbygesteek. Omdat daar vanjaar minstens vier wedstryde meer is, kan Steyn ook daardie kerf haal. Hy het verlede jaar 263 punte in dié reeks aangeteken – die meeste deur ’n speler in enige seisoen in Super Rugby.

Steyn se vier skepdoele is ’n rekord vir die meeste skepdoele in ’n wedstryd. Hy hou ook saam met Andrew Mehrtens die rekord vir die meste skepdoele in Super Rugby, naamlik 17.

Mehrtens, Carter (twee keer) en Steyn is die enigste spelers wat tot dusver 200 punte in ’n reeks kon aanteken.

Op welke wyse Steyn dié reeks onlangs oorheers het, word in perspektief geplaas as ’n mens in ag neem dat slegs drie ander Suid-Afrikaners meer as 500 punte in Super Rugby kon aanteken. Hulle is Louis Koen, André Pretorius en Peter Grant.

Maar steeds rus Steyn nie op sy louere nie. Hy skaaf elke dag op Loftus se B-veld aan sy skopwerk. Volgens die skop-afrigter Vlok Cilliers kan Steyn se werk­etiek duidelik in die statistiek gesien word.

“Ek moet soms bontstaan as ek hom toets. Dikwels werk ek oefeninge uit waarvolgens hy stelselmatig beter moet skop. Maar dan skop hy van meet af alles oor. Dan moet ek vinnig nuwe roetines uitwerk om ’n uitdaging aan hom te stel,” sê Cilliers.

“Morné se harde werk in oefeninge is beslis ’n les vir enige voornemende stelskopper. Hy werk ook hard aan sy taktiese skopwerk. Dis ’n belangrike jaar vir Morné en dit lyk of hy ’n goeie seisoen gaan hê.”

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24
 

Lees meer oor: morné steyn  |  bulls  |  super rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

LouisdB sê... Ag die ou gesanik oor plaaslike spelers vs die wat oorsee speel maak my lam, kry die beste spelers om die toernooi te wen, al kom hulle van ysland! Ons leef in professionele era en ons verwag die spelers moet profesioneel wees maar ons ondersteuners is tog so verkramp! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Nippy. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior C# Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R500000

Management Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Assistant Financial Controller

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY02
2005
R 119,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.6 Std 5-dr
2001
R 71,400.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.