Stegmann terug vir Bulls
2012-05-08 12:22
In-diepte Verslae
Andries Bekker het straks sy laaste Super-wedstryd gespeel, nadat hy 'n ernstige rugbesering opgedoen het tydens die Stormers se oorsese toer.
Die Cheetahs se afrigter, Naka Drotské, het die versoeking weerstaan om Heinrich Brüssow in die 15-tal te kies vir die stryd teen die Higlanders.
Pretoria – Die Bulls se baljagter, Deon Stegmann, is gekies om Vrydag in die Super-rugbywedstryd teen die Waratahs in Sydney uit te draf.
Die Pretorianers kan hulself gelukkig ag om Stegmann terug te hê, nadat Jacques Potgieter se oorsese toer kortgeknip is weens 'n besering wat hy in die wedstryd teen die Rebels opgedoen het.
Frans Ludeke, die Bulls se afrigter, het 'n aantal veranderinge aan sy 15-tal gemaak.
Dawie Steyn sal in die voorry, in die plek van Dean Greyling, op stut sak. Rayno Gerber het by die toerspan in Australië aangesluit en sal op die plaasvervangerbank diens doen.
Wynand Olivier het 'n ribbesering en sal eers vanaf volgende week beskikbaar wees.
Ludeke het die senters, Francois Venter en Johan Sadie, as sy middelveld-kombinasie gekies.
Afskoptyd is om 11:40.
So lyk die span:
15 Zane Kirchner, 14 Akona Ndungane, 13 Johann Sadie, 12 Francois Venter, 11 Bjorn Basson, 10 Morné Steyn, 9 Francois Hougaard, 8 Pierre Spies (kaptein), 7 CJ Stander, 6 Deon Stegmann, 5 Juandré Kruger, 4 Flip van der Merwe, 3 Werner Kruger, 2 Chiliboy Ralepelle, 1 Dawie Steyn.
Plaasvervangers: 16 Willie Wepener, 17 Rayno Gerber, 18 Wilhelm Steenkamp, 19 Arno Botha, 20 Jano Vermaak, 21 Louis Fouché, 22 JJ Engelbrecht.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24