Stegmann lei Bulls in Soweto
2013-01-30 13:35
In-diepte Verslae
Jacques Engelbrecht sal beskikbaar wees vir die Kings se Super-stryd teen die Cheetahs in PE, nadat hy van 'n enkelbesering herstel het.
Die Cheetahs se afrigter, Naka Drotské, het die versoeking weerstaan om Heinrich Brüssow in die 15-tal te kies vir die stryd teen die Higlanders.
Pretoria – Deon Stegmann sal die Bulls Saterdag in Soweto op die Orlando-stadion aanvoer wanneer die span in 'n vriendskaplike wedstryd teen die Lions uitdraf.
Die veteraan-flank, wat die grootste deel van die 2012-seisoen op die krukkelys was, is een van vier Springbokke in die beginspan terwyl drie Jong Bokkies, Travis Ismaiel, Jan Serfontein en Paul Willemse, ook in die vyftiental opgeneem is.
So lyk die span:
15. Jurgen Visser, 14. Travis Ismaiel, 13. Lionel Mapoe, 12. Jan Serfontein, 11. Sampie Mastriet, 10. Louis Fouche, 9. Jano Vermaak, 8. Arno Botha, 7. Jean Cook, 6. Deon Stegmann (kaptein), 5. Grant Hattingh, 4. Paul Willemse, 3. Frik Kirsten, 2. Willie Wepener, 1. Juan Schoeman.
Plaasvervangers: Bongi Mbonambi, Hencus van Wyk, Wiaan Liebenberg, Cornell Hess, Ruan Snyman, Handre Pollared, Ulrich Beyers, Jacques du Plessis.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- SAPA