Spies lei Bulls teen Cheetahs
2013-02-06 13:07
In-diepte Verslae
Dis steeds onduidelik wanneer die Springbok-heelagter Zane Kirchner tot die speelveld vir die Bulls sal kan terugkeer.
Die Cheetahs se afrigter, Naka Drotské, het die versoeking weerstaan om Heinrich Brüssow in die 15-tal te kies vir die stryd teen die Higlanders.
Pretoria – Pierre Spies sal 'n ervare beginspan op die veld lei wanneer die Bulls die Cheetahs Saterdag in hul tweede opwarmwedstryd van die seisoen in Polokwane pak.
Die Bulls se breier, Frans Ludeke, het grootskaalse veranderings aan die span gemaak wat verlede naweek met 38-32 teen die Lions in Soweto geseëvier het.
Spies het 89 Super-kragmetings op sy kerfstok en sal op die veld draf met slegs twee spelers in die span wat geen ervaring op Super-rugbyvlak het nie.
So lyk die spanne:
Bulls:
15 Jürgen Visser, 14 Akona Ndungane, 13 JJ Engelbrecht, 12 Francois Venter, 11 Bjorn Basson, 10 Mornè Steyn, 9 Francois Hougaard, 8 Pierre Spies (kaptein), 7 Jacques Potgieter, 6 Dewald Potgieter, 5 Juandrè Kruger, 4 Flip van der Merwe, 3 Werner Kruger, 2 Chiliboy Ralepelle, 1 Mornè Mellett
Plaasvervangers: 16 Callie Visagie, 17 Frik Kirsten, 18 Grant Hattingh, 19 Arno Botha, 20 Jano Vermaak, 21 Ulrich Beyers, 22 Lionel Mapoe, 23 Wynand Olivier
Cheetahs:
15 Willie le Roux, 14 Rayno Benjamin, 13 Johann Sadie, 12 Robert Ebersohn, 11 Raymond Rhule, 10 Elgar Watts, 9 Piet van Zyl, 8 Phillip van der Walt, 7 Lappies Labuschagne, 6 Frans Viljoen, 5 Francois Uys, 4 Lood de Jager, 3 Lourens Adriaanse, 2 Adriaan Strauss (kaptein) 1 Trevor Nyakane
Plaasvervangers: 16 Ryno Barnes, 17 Rossouw de Klerk, 18 Ligtoring Landman, 19 Juan Smith, 20 Sarel Pretorius, 21 Francois Brummer, 22 Hennie Daniller, 23 Hansie Graaff
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- SAPA