Super Rugby

Spelers kies Keegan as Sharks se kaptein

2012-01-17 07:01
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Force wen Lions in Perth
Force wen Lions in Perth

Die Western Force het die Lions tydens hul Super-rugbywedstryd by die NIB-stadion in Perth geklop.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Johannesburg – Keegan Daniel is die Sharks se kaptein vir die Super-rugbyseisoen en Bismarck du Plessis sy adjudant.

John Plumtree, die Sharks se afrigter, het Maandag gesê Daniel het hom beïndruk met sy leierseienskappe in verlede seisoen se Curriebeker-reeks.

“Dit was glad nie ’n maklike seisoen nie met verskeie beserings en ook die Springbokke wat teruggekeer het.

“Ek dink hy het baie goed gedoen om alles te hanteer.”

Hy het dit duidelik gemaak dat Daniel nie in al die wedstryde sal speel nie, met Du Plessis wat dan die kaptein sal wees.

Volgens Plumtree was Daniel die spelers se keuse as kaptein.

“Keegan gee sy alles op die veld en hy geniet die agting van die spelers.

“Hy verdien nie net om kaptein te wees nie, maar is ook ’n baie gewilde keuse.

“Hy is ook ’n baie vriendelike mens en ek het hom verlede seisoen sien groei as kaptein.

“Daarom is dit belangrik dat hy die kans kry om daardie groeiproses verder te voer.

“Die belangrikste is dat hy die steun van die spelers het.

“Hulle is trouens die ouens wat vir hom as kaptein gestem het en jy kan nie ’n beter getuigskrif as dit kry nie,” het Plumtree gesê.

Net soos Daniel, stel Du Plessis die voorbeeld met sy vertonings op die veld.

“Bismarck is takties ook baie uitgeslape en ek is gretig om te sien hoe hy sal groei in ’n kapteinskapsrol,” het die afrigter gesê.

“Hulle is albei baie mededingend en is Sharks deur en deur met ’n liefde vir die trui.

“Hulle lei deur hul voorbeeld en ek glo dit sal aansteeklik inwerk op hul spanmaats.

“Hulle is manne van min woorde, maar baie aksie op die veld en dit is die belangrikste.” 

Sport24

– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lees meer oor: rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX AT MY04
2005
R 135,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY09 AT
2009
R 277,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.