Super Rugby

Spelbreker Sarel in Lions se visier

2011-05-06 10:28
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Force wen Lions in Perth
Force wen Lions in Perth

Die Western Force het die Lions tydens hul Super-rugbywedstryd by die NIB-stadion in Perth geklop.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Johannesburg - As die Lions vandag ’n manier kan vind om Suid-Afrika se beste spelbreker in 2011 se Super Rugbyreeks hok te slaan, is ’n sege in hul wedstryd teen die Cheetahs ’n groter moontlikheid.

Só belangrik was die Cheetahs-skrumskakel, Sarel Pretorius, se invloed op sy span se welslae dat die meeste spanne nou in hul voorbereiding probeer om ’n teenvoeter vir hom te kry.

Pretorius se agt drieë tel vir 36% van sy span se drieë in 2011 se reeks. Om sy invloed verder in perspektief te stel: geen ander Cheetahs-speler het vanjaar al meer as twee drieë gedruk nie.

Hoewel sy onvoorspelbaarheid soms dalk ook sy eie spanmaats onkant betrap, kan niemand kla as só ’n individualis bo-aan die reeks se lys van driedrukkers is nie.

John Mitchell, afrigter van die Lions, erken Pretorius is ’n gevaarman, maar het hier gesê sy span sien daarna uit om die lewensaar van Cheetahs-drieë af te knip.

Mitchell het juis besluit om ’n ander skrumskakel in te span en die vurige Rory Kockott is vandag die man in die saal.
Soos vir die vorige kragmeting tussen die Lions en die Cheetahs, waarin die Lions met 25-20 in Bloemfontein geseëvier het, is Kockott bo Jano Vermaak ingesluit.

“Ek wil hê Jano moet slordige besit beter hanteer en ook die verdediging beter organiseer. Ek was nie gelukkig met Jano se spel teen die Chiefs nie,” het Mitchell oor die skuif gesê.

Kockott bied sy span iets nuuts en dié oudspeler van die Sharks huiwer ook nie om op eie inisiatief te probeer om ’n verskil te maak nie.

Met Vermaak wat sy plek kwyt is, kan Kockott nie vir ’n beter kans vra om ’n gereelde plek in die beginspan los te speel nie.
Vir sy span is dit ook ’n kans om hul diep teleurgestelde ondersteuners met ’n tuisoorwinning te troos.

Om dit te vermag, is geen maklike taak nie, want die Lions moet ’n verloorgewoonte oorkom én ’n Cheetahs-span in ’n opwaartse kurwe stuit.

* Die spanne is:

Lions: Michael Killian, Lionel Mapoe, Dylan des Fontain, Doppies la Grange (k), Deon van Rensburg, Burton Francis, Rory Kockott, Warren Whiteley, Josh Strauss, Cobus Grobbelaar, David de Villiers, Wikus van Heerden, Kevin Buys, Edgar Marutlulle, JC Janse van Rensburg. PLAASVERVANGERS: Martin Bezuidenhout, Patric Cilliers, Franco van der Merwe, Michael Rhodes, Jano Vermaak, Elton Jantjies, Jaco ­Taute.

Cheetahs:
Riaan Viljoen, Phillip Burger, Robert Ebersohn, Corné Uys, Ryno Benjamin, Sias Ebersohn, Sarel Pretorius, Davon Raubenheimer, Ashley Johnson, Heinrich Brüssow, Wilhelm Steenkamp, Francois Uys, WP Nel, Adriaan Strauss (k), Coenie Oosthuizen. PLAASVERVANGERS: Ryno Barnes, Lourens Adriaanse, Waltie Vermeulen, Kabamba Floors, Tewis de Bruyn, Naas Olivier, Hennie Daniller.

Skeidsregter : Craig Joubert. Afskop : 19:10.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24
 

Lees meer oor: cheetahs  |  super rugby  |  lions

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX AT MY04
2005
R 135,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY09 AT
2009
R 277,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.