Super Rugby

Só lyk Sharks se toergroep

2011-06-22 10:05
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Force wen Lions in Perth
Force wen Lions in Perth

Die Western Force het die Lions tydens hul Super-rugbywedstryd by die NIB-stadion in Perth geklop.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Kaapstad - Goeie skrumwerk gaan ’n sleutel tot sukses vir die Sharks wees in Saterdag se kwarteindstryd van die Super Rugby-reeks in Nelson teen die Crusaders, glo die afrigter, John Plumtree.

Daarom vat Plumtree ook vir Eugene van Staden saam Nieu-Seeland toe.

“Ek wil my opsies vergroot vir hierdie wedstryd. Ons sal veel beter moet skrum as teen die Bulls, want skrumwerk is juis een van die Crusaders se sterkpunte,” het Plumtree Dinsdag hier by Kingspark gesê.

Benewens Van Staden, het Plumtree ook die vleuel Odwa Ndungane by die 22-tal gevoeg wat hy saamvat.

In die enigste verandering aan die 22-tal wat diens gedoen het in die sege oor die Bulls, val die plaasvervanger-losvoorspeler, Marcell Coetzee, uit ten koste van Jacques Botes.

Die slot Steven Sykes kon nie die wedloop teen tyd wen nie en bly by die huis met ’n besering.

“Hy sou baie handig te pas gekom het in daardie swaar toestande, maar tog moet ek sê Gerhard Mostert was uitstaande teen die Bulls,” het Plumtree gesê.

Alles dui egter daarop dat dieselfde beginspan wat op Loftus Versfeld gedraf het, ook Saterdag op Trafalgar Park sal uitdraf teen die Crusaders.

“Hulle (Crusaders) het die voordeel van ’n besonder kort voorry en hul skrumwerk is baie stewig. Ons het nie goed geskrum teen die Bulls nie – en dís iets waaraan ek hierdie week baie aandag sal gee,” het Plumtree gesê.

Die Crusaders het drie All Blacks in die Franks-broers, Ben en Owen, asook die haker Corey Flynn in die voorry.
 
“Hul sukses is dat omdat hulle kort ouens is, hulle besonder laag skrum en dis moeilik om onder hulle in te kom. Die toestande daar kan ook nat en glyerig wees – en dit gaan nie maklik wees om vastrapplek in die skrum te kry om stewig te staan nie,” vertel Plumtree.

Die Sharks het in die ligawedstryd tussen dié twee spanne op Twickenham in Londen kwaai gesukkel in die skrums en is inderwaarheid met tye opgefrommel deur die Crusaders-pak.

“Ons gaan vanoggend weer na die video van daardie wedstryd kyk om te sien waar dinge vir ons verkeerd gegaan het,” het Plumtree gesê.

Hy glo ook dit van gaan van uiterste belang wees om die drietal in die middelveld, Daniel Carter, Sonny Bill Williams en Robbie Fruean, in toom te hou.

Daarom sal hy wéér, soos teen die Bulls, ’n sterk poging op die verdediging van sy twee senters, Stefan Terblanche en Meyer Bosman, verwag.

“Sonny Bill is die een wat hulle oor die voordeellyn moet vat – en ons moet hom keer,” sê Plumtree.

Die Sharks kan gerus gaan kers opsteek by die Cheetahs oor hoe hulle dié wedstrydwenner en frats van die Crusaders gestuit het enkele weke gelede in Bloemfontein.

In daardie wedstryd het Barry Geel en sy maats hom só goed geneutraliseer, dat hy glad nie eens ’n faktor was in die eerste helfte wat hy op die veld was nie.

Die Sharks het Dinsdagoggend hier ’n stewige oefensessie ingesit, voordat hulle hul lang tog na Nieu-Seeland aangepak het.

Die Sharks-groep is:

Agterspelers: Patrick Lambie, JP Pietersen, Stefan Terblanche, Meyer Bosman, Lwazi Mvovo, Frederic Michalak, Charl McLeod, Louis Ludik, Adrian Jacobs, Odwa Ndungane.
Voorspelers: Beast Mtawarira, Bismarck du Plessis, Jannie du Plessis, Gerhard Mostert, Alistair Hargreaves, Jean Deysel, Keegan Daniel, Ryan Kankowski, John Smit, Wiehahn Herbest, Ross Skeate, Willem Alberts, Jacques Botes, Eugene van Staden.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24

Lees meer oor: sharks  |  crusaders  |  super rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
20 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX AT MY04
2005
R 135,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY09 AT
2009
R 277,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.