Smit lei Sharks teen Lions
2011-04-07 12:34
In-diepte Verslae
Die Western Force het 'n bonuspunt gekry nadat hulle die Lions tydens hul Super-rugbywedstryd by die NIB-stadion in Perth geklop het.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Durban - Die Sharks se afrigter, John Plumtree, het drie veranderinge aan die span gemaak wat Saterdag in die Super Rugby-stryd teen die Lions op Kingspark in Durban gaan uitdraf
In die voorry sak John Smit op losskop terwyl die vaskopstut Eugene van Staden, na goeie vertonings vanaf die plaasvervangersbank, sy eerste verskyning in die beginspan maak.
Jannie du Plessis en Beast Mtawarira is op die plaasvervangersbank.
Die enigste ander verandering is Gerhard Mostert wat in die plek van die beseerde Alistair Hargreaves op slot uitdraf.
"Ons begeerte om te wen moet eenvoudig sterker en groter as die van ons opponente wees, " het Plumtree tydens Donderdag se spanaankondiging gesê.
Afskoptyd Saterdag is 19:10 in Durban.
Sharks:
15 Louis Ludik, 14 Odwa Ndungane, 13 Stefan Terblanche, 12 Meyer Bosman, 11 JP Pietersen, 10 Jacques-Louis Potgieter, 9 Charl McLeod, 8 Ryan Kankowski, 7 Willem Alberts, 6 Keegan Daniel, 5 Gerhard Mostert, 4 Steven Sykes, 3 Eugene van Staden, 2 Bismarck du Plessis, 1 John Smit (kaptein).
Plaasvervangers: 16 Tendai Mtawarira, 17 Jannie du Plessis, 18 Ross Skeate, 19 Jacques Botes, 20 Conrad Hoffmann, 21 Adrian Jacobs, 22 Lwazi Mvovo.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- Sport24