Smit terug op haker teen Lions
2011-06-09 14:56
In-diepte Verslae
Die Western Force het 'n bonuspunt gekry nadat hulle die Lions tydens hul Super-rugbywedstryd by die NIB-stadion in Perth geklop het.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Durban - Die Sharks se kaptein, John Smit, sal op haker vir die Durbaniete sak in hul Super Rugby-kragmeting Saterdag teen die Lions op Coca-Colapark.
Bismarck du Plessis, wat vanjaar in 12 van die Sharks se 13 wedstryde uitgedraf het, ontvang 'n welverdiende ruskans.
Die losvoorspeler Willem Alberts is weens 'n skouerbesering nie vir die kragmeting oorweeg nie, wat beteken dat Jacques Botes saam met Keegan Daniel en Ryan Kankowski die Sharks se lostrio vorm.
Met Alberts beseer sal die 20-jarige Marcell Coetzee na die plaasvervangersbank terugkeer.
Sharks:
15. Louis Ludik, 14. JP Pietersen, 13. Stefan Terblanche, 12. Meyer Bosman, 11. Lwazi Mvovo, 10. Patrick Lambie, 9. Charl McLeod, 8. Ryan Kankowski, 7. Keegan Daniel, 6. Jacques Botes, 5. Gerhard Mostert, 4. Steven Sykes, 3. Eugene van Staden, 2. John Smit (kaptein), 1. Beast Mtawarira
Plaasvervangers: 16. Bismarck du Plessis, 17. Wiehahn Herbst, 18. Alistair Hargreaves, 19. Marcell Coetzee, 20. Frédéric Michalak, 21. Jacques-Louis Potgieter, 22. Adrian Jacobs
Afskoptyd Saterdag is 16:05.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- Sport24