Smit terug om Sharks te lei
2011-05-26 14:09
In-diepte Verslae
Die Western Force het 'n bonuspunt gekry nadat hulle die Lions tydens hul Super-rugbywedstryd by die NIB-stadion in Perth geklop het.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Durban - Die Bok-kaptein John Smit is fiks verklaar en sal die Sharks Saterdag in hul Super Rugby-kragmeting teen die Waratahs in Durban lei.
Met Jannie du Plessis, Ryan Kankowski, Odwa Ndungane én Adrian Jacobs almal beseer, is Smit en Keegan Daniel se terugkeer 'n groot verligting vir hul breier, John Plumtree.
Smit sal op losskop saam met Bismarck du Plessis en Eugene van Staden in die voorry sak.
Keegan vervang Willem Alberts, wat 'n ruskans kry, op agsteman.
Charl McLeod kry ook 'n blaaskans en sal deur Conrad Hoffmann in die nr. 9-trui vervang word.
Ndungane se besering gee aan Lwazi Mvovo die geleentheid om op vleuel uit te draf.
Afskoptyd Saterdag is 17:05.
So lyk die spanne:
Sharks:
15. Louis Ludik, 14. JP Pietersen, 13. Stefan Terblanche, 12. Meyer Bosman, 11. Lwazi Mvovo, 10. Patrick Lambie, 9. Conrad Hoffmann, 8. Keegan Daniel, 7. Jean Deysel, 6. Jacques Botes, 5. Alistair Hargreaves, 4. Steven Sykes, 3. Eugene van Staden, 2. Bismarck du Plessis, 1. John Smit (kaptein)
Plaasvervangers: 16. Tendai Mtawarira, 17. Wiehahn Herbst, 18. Gerhard Mostert, 19. Willem Alberts, 20. Charl McLeod, 21. Jacques-Louis Potgieter, 22. Riaan Swanepoel
Waratahs:
15 Kurtley Beale, 14 Lachie Turner, 13 Ryan Cross, 12 Tom Carter, 11 Sosene Anesi, 10 Berrick Barnes, 9 Luke Burgess, 8 Ben Mowen, 7 Chris Alcock, 6 Dave Dennis, 5 Sitaleki Timani, 4 Dean Mumm (kaptein), 3 Sekope Kepu, 2 Tatafu Polota-Nau, 1 Benn Robinson.
Plaasvervangers: 16 John Ulugia, 17 Al Baxter, 18 Pat O'Connor, 19 Hugh Perrett, 20 Brendan McKibbin, 21 Daniel Halangahu, 22 Atieli Pakalani
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- Sport24